Die Springs Huis van Gruwels

--:--
Op ‘n kouerige aand in Mei 2014, klim ‘n tingerige seun met net ‘n kortbroek aan oor die muur om hulp te soek by die bure. Sy hulpkreet het daartoe gelei dat die owerhede die deure oop kon gooi van ‘n huis waar gruwel dade in Springs ontbloot is. Die derde episode van dié reeks vertel die storie oor een van die mees skokkende gevalle van kinder mishandeling om ooit in Suid-Afrika oopgevlek te word.

Hierdie episode oor die ware misdaad verhaal van die Springs Huis van Gruwels kom met ‘n addisionele waarskuwing vir luisteraars wat sensitief is vir inhoud oor kinder mishandeling, seksuele mishandeling en kinder verwaarlosing.
8 Jul 2024 Afrikaans South Africa True Crime

Other recent episodes

Die Kroonstad Spoor Ramp

Suid-Afrika is in Januarie 2018 geskud deur ’n gru spoor ramp toe ’n Shosholoza Meyl passasiers trein en ’n trok buite Kroonstad gebots het. Chaos het op die toneel uitgebreek sowat 10 minute na die ongeluk toe passasiers besef het hulle is vas gekeer in van die brandende waens –…
28 Apr 27 min

Die reeks moordenaar, Sipho Thwala

Sipho Thwala het op ’n heuwel gesit en uitkyk oor die suiker riet plantasies, en probeer onthou waar die liggame is van die vroue wat hy reeds vermoor het. Thwala het een van Suid-Afrika se mees berugte reeks moordenaars geword en KwaZoeloe-Natal se lowerige groen suiker riet plantasies in 1996…
21 Apr 33 min

Die moord op Gabriela Kabrins Alban

Die poskaart mooi Kampsbaai in Kaapstad was in 2015 in die wêreld se soeklig toe ’n Amerikaanse toeris gru vermoor gekry is in een van die kamers van ’n luukse hotel. Gabriela Kabrins Alban en haar kêrel van Guatamala was in Suid-Afrika, waar hy behandeling gekry het vir sy dwelm…
14 Apr 42 min

Die moord op Isaac Miggels

Die 8-jarige Isaac Miggels het uitgesien na ’n sorglose Desember vakansie op ’n plaas in die Wes-Kaap, maar min het hy sy ouers geweet watter dodelike gevaar vir hom wag. Miggels se ouers het hom plaas toe gestuur om by sy twee ouma’s te gaan kuier, juis omdat hulle nie…
7 Apr 24 min

Die Modimolle Monster

Ina Bonnette het 2012 ingegaan met die hoop dat sy finaal van haar vervreemde man, Johan Kotzé, sou kon skei. Maar Kotze het ’n ander plan in sy kop gehad – hy wou Ina ’n les leer en seker maak haar grootste nagmerrie word bewaarheid. Wat Kotze daardie dag in…
31 Mar 1 hr 05 min