ActionSA verwelkom ook Zizi se bedanking

--:--
ActionSA het die bedanking van die voormalige minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, as parlementslid verwelkom. Hy staar korrupsie-aanklagte in die gesig te midde van bewerings oor bedrog met kontrakte tydens sy termyn as ANC-woordvoerder tussen April 2015 en Februarie 2016. ActionSA se koukusleier in die Parlement, Athol Trollip, sê dit is ondenkbaar dat 'n LP vir 'n korrupsie-oortreding in die hof verskyn en dit probeer balanseer deur in die Parlement te dien en die land se wette te help maak:
26 Jul 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Hengari sê oor besoek aan Elon Musk, en Starlink 

Tydens 'n persinligtingsessie by Staatshuis het Alfredo Hengari, die presidensiële perssekretaris, 'n opdatering gegee oor president Nangolo Mbumba se onlangse vergadering met die miljardêr Elon Musk. Hulle bespreking het gesentreer rondom die moontlike vestiging van 'n Starlink-kantoor in Namibië. Musk se Starlink het aansoek gedoen vir 'n lisensie om sy…
18 Oct 1AM 1 min

Bewareas: Cowley reageer op hofoorwinning

Beplande mynbedrywighede en die bou van 'n pad in bewaringsgebiede is stopgesit deur 'n interdik, hangende ‘n besluit deur die omgewingsminister en omgewingskommissaris. Die bewaringsgebiede Sorris Sorris, Doro !Nawas en Uibasen Twyfelfontein het die aansoek vir 'n interdik saam met Ultimate Safaris gebring. Regter Esi Schimming-Chase het gelas dat die…
18 Oct 12AM 1 min

Namises sê ECN het haar stilgemaak

Die nuutgestigte politieke party, Voice of Namibia, onder leiding van die maatskaplike werker Rosa Namises, neem nie aan die verkiesings deel nie omdat dit nie op die lys van partye is wat deur die Verkiesingskommissie bekendgemaak is nie. Volgens Namises het die party aan alle vereistes ingevolge die Kieswet voldoen…
18 Oct 12AM 1 min

Angula sê dis nie verby nie

Reaksie word ontvang op die presidensiële kandidaatskap van onafhanklikes Ally Angula, Jeremiah Kaambo en Elsie Chen wat deur die Verkiesingskommissie verwerp is, om uiteenlopende redes. Angula, wat net meer as 1 300 handtekeninge te min gehad het, het gesê dis nie die einde van haar politieke loopbaan nie.
17 Oct 11PM 1 min