FNB word vennoot in nuwe krieket-stadion

--:--
Krieket Namibië het vanoggend aangekondig dat FNB sy vennoot is in die nuwe krieket-stadion, wat teen ‘n koste van 73 miljoen Namibiese dollar langs die Hage Geingob-stadion in die hoofstad gebou word. Die bank, wat jare lank sport in die land ondersteun, word ook ‘n geassosieerde vennoot van die Richelieu Eagles. Krieket Namibië se uitvoerende hoof, Johan Muller.
26 Jul 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

BoN bespreek leierskap, groen finansiële stelsels 

Die Bank van Namibië het 'n leierskapgeleentheid aangebied. Kundiges in die bedryf het gepraat oor globale klimaatsuitdagings en die dringende behoefte om die finansiële stelsel groener te maak. Afrika se koolstofvrystellings word verdwerg deur die vrystellings van ander vastelande. Die adjunkminister van omgewingsake, Heather Sibangu, het gesê ten spyte hiervan,…
18 Oct 1AM 1 min

Cyril sê oor misdaadsindikate 

President Cyril Ramaphosa het onderneem dat misdaadsindikate steeds gemonitor sal word en belowe ʼn verskerping van pogings teen georganiseerde misdaad. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens fokus op ontvoering en afpersing en het daarmee sy operasionele reaksie verbeter, insluitend die stigting van gesamentlike bedryfskomitees en ʼn nasionale prioriteitskomitee. Ramaphosa het tydens vraetyd in…
18 Oct 1AM 1 min

Hengari sê oor besoek aan Elon Musk, en Starlink 

Tydens 'n persinligtingsessie by Staatshuis het Alfredo Hengari, die presidensiële perssekretaris, 'n opdatering gegee oor president Nangolo Mbumba se onlangse vergadering met die miljardêr Elon Musk. Hulle bespreking het gesentreer rondom die moontlike vestiging van 'n Starlink-kantoor in Namibië. Musk se Starlink het aansoek gedoen vir 'n lisensie om sy…
18 Oct 1AM 1 min

Bewareas: Cowley reageer op hofoorwinning

Beplande mynbedrywighede en die bou van 'n pad in bewaringsgebiede is stopgesit deur 'n interdik, hangende ‘n besluit deur die omgewingsminister en omgewingskommissaris. Die bewaringsgebiede Sorris Sorris, Doro !Nawas en Uibasen Twyfelfontein het die aansoek vir 'n interdik saam met Ultimate Safaris gebring. Regter Esi Schimming-Chase het gelas dat die…
18 Oct 12AM 1 min