Kilimanjaro, Karoo Vere, en Kontroversie

Loading player...
Ons KLETS oor die opening van die Olimpiese Spele in Paris 2024. Lady Gaga se piek Karoo Vere was Suid-Afrika se eerste pronk! Die geskiedenisles van die Bastille was indrukwekkend, maar die res van die seremonie het vir sommiges soos 3 ure van gogga maak vir baba bang. Tannie Celine sing haar hart uit, maar los die mince-manne ontevrede. Tatiana draai ons piek veer pronk in solide goud in!

Matthys het met Marlien Cronje en Michelle van Biljon van Dynamic Women for Children gesels oor hul opwindende projek, Climb 2 Care. Hierdie twee dinamiese vroue gaan saam met Remy Koos Mount Kilimanjaro aandurf in Oktober 2024 om bewustheid te skep en fondse in te samel vir die Dynamic Women for Children projek in Pretoria. Hulle deel hul inspirerende stories en voorbereidings vir hierdie groot avontuur.

Verder gesels ons oor die groei van die Suid-Afrikaanse bevolking – weet ons werklik hoeveel mense hier bly? En wat is aan die gang met die EFF se onlangse uitlatings? Dit lyk of hulle reg is vir ’n goeie "Boere Moer".
31 Jul 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Hitte, Hormone en Hoofopskrifte

Hierdie week se KLETS begin nie met politiek nie. Dit begin met hitte. Daai Gauteng-hitte wat jou laat wonder of jy in Pretoria, Pofadder of binne-in ’n pizza-oond woon. Matthys is oortuig sy breinselle het begin saamsmelt, en Colene probeer vasstel of dit die hitte, menopouse, andropouse of net die…
11 Feb 1 hr 04 min

Donder, Bliksem, Dis steeds Januarie

Dis Januarie. Nogsteeds. En asof die jaar self dit wil bevestig, breek Gauteng oop met ’n moerse donderstorm terwyl Matthys en Colene die mikrofone aanskakel. Perfekte weer vir ’n KLETS vol hoop, verwarring en ligte paniek. In hierdie week se episode gesels ons oor daardie emosionele rollercoaster van Januarie. Die…
28 Jan 53 min

’n Dieet, ’n Diktator en ’n App

Is jou Nuwejaarsvoornemens om gewig te verloor? Colene deel ’n wenner-dieet uit 1977 wat jou óf laat maer word, óf gelukkig gaan maak. Carl Niehaus het ’n plan. ’n Groot plan. Hy vermoed hy weet presies hoe om Amerika op hul plek te sit, terwyl Cyril Ramaphosa meen ministers verdien…
21 Jan 55 min

Wat Wag vir Suid-Afrika in 2026?

In deel twee van ons Astrologie KLETS oor 2026 bring ons alles terug huis toe. Die groot wêreldbewegings is een ding, maar wat beteken dit alles vir Suid-Afrika, ’n verkiesingsjaar, en vir jou persoonlik? Saam met Catherine Laurent kyk ons na die Suid-Afrikaanse politieke klimaat in 2026, ’n jaar waar…
14 Jan 1 hr 15 min

Begin, Beweeg, Besluit: Wat 2026 Bring en Inhou

In die heel eerste episode van KLETS skop ons 2026 af met konteks eerder as chaos, en met patrone eerder as paniek. Ons KLETS met die astroloog Catherine Laurent in hierdie eerste deel van ’n twee-delige reeks, waar ons kyk na siklusse, getalle en wêreldwye energieverskuiwings wat 2026 gaan vorm…
7 Jan 1 hr 12 min