Israel se Bloed, Anné se Boek, en ’n Bruilof se Bloutjie

--:--
In dié episode KLETS ons lekker met Anné Pretorius oor haar nuwe boek, Memoires van jou moeder. Sy vertel hoe die boek ontstaan het en hoekom dit belangrik is om jou storie neer te skryf – want elkeen het mos maar sy ding om oor te vertel, né?

Ons vier die afgelope naweek se groot oorwinnings in Perth-fontein: Dricus “Stillknocks” du Plessis wat behoorlik gaan bontstaan het, en natuurlik die Bokke!

Intussen smeek Sophia vir Dolce & Gabbana parfuum – as iemand dalk wil weet wat om vir haar te koop!

En as jy dink on nie-genooi word na ‘n troue toe nie is erg, wag tot jy hoor van die paartjie in die UK wat sê: “Jammer, jy’s nie genooi nie!”
21 Aug 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Wie beskerm wie? Polisie, politiek en patronising AI

In hierdie week se KLETS ruk Matthys en Colene die kombers af en kyk na wat aangaan in Suid-Afrika – in die strate, in die nuus, in die regering… en selfs in die sterre. Daar’s ’n oorweldige gevoel van wantroue wat al hoe sterker word – teenoor die polisie, teenoor…
9 Jul 50 min

Wyn, woorde en waardes

In hierdie week se KLETS kuier ons in een van die mooiste valleie in Suid-Afrika – die Hemel-en-Aarde Vallei – by Bartho Eksteen Wynlandgoed. Ons gesels met die bekroonde wynmaker Bartho Eksteen en sy seun, Pieter Willem Eksteen – twee wynmense met ’n passie vir eerlike wyn, goeie stories, en…
2 Jul 1 hr 16 min

AI met gevoelens en Suid-Afrika op WW3 se veiligheidslys

Dis 30 jaar sedert 1995 – daardie Springbok-oomblik toe Madiba, in sy nommer 6-trui, die Webb Ellis-trofee aan Francois oorhandig het en ons almal vir ’n kort rukkie saam gebraai het. Maar nou, in 2025, het die Rainbow Nation vervaal. Want terwyl die wêreld op die rand van ’n Derde…
25 Jun 57 min

BEE, bromance en ’n tannie vir burgemeester

Vandag be-klets Colene en Matthys weer alles wat die afgelope week in Suid-Afrika gebeur het – van politieke transaksies tot sporttriomf en ekonomiese verlies. Helen Zille het die politieke pot behoorlik geroer met die nuus dat sy dalk vir die DA se burgemeesterposisie in Johannesburg sal staan. Is dit ’n…
11 Jun 55 min

Wit Broodjies in die Withuis en Wyn in Die Kaap

Ons is terug! En ons "be-klets" die chaos, komedie en intriges van die afgelope twee weke hier aan die suidpunt van Afrika. Cyril was in die Withuis, waar hy vir Trump probeer beïndruk het met mooi broodjies en ’n paar gholf swings. Maar terug op Suid-Afrikaanse bodem is dit dieselfde…
4 Jun 45 min