Israel se Bloed, Anné se Boek, en ’n Bruilof se Bloutjie

Loading player...
In dié episode KLETS ons lekker met Anné Pretorius oor haar nuwe boek, Memoires van jou moeder. Sy vertel hoe die boek ontstaan het en hoekom dit belangrik is om jou storie neer te skryf – want elkeen het mos maar sy ding om oor te vertel, né?

Ons vier die afgelope naweek se groot oorwinnings in Perth-fontein: Dricus “Stillknocks” du Plessis wat behoorlik gaan bontstaan het, en natuurlik die Bokke!

Intussen smeek Sophia vir Dolce & Gabbana parfuum – as iemand dalk wil weet wat om vir haar te koop!

En as jy dink on nie-genooi word na ‘n troue toe nie is erg, wag tot jy hoor van die paartjie in die UK wat sê: “Jammer, jy’s nie genooi nie!”
Chapters
  • 25:23 Anne Pretorius - Memoires van jou Moeder
  • 46:09 Anne Pretorius - Memoires van jou Moeder
21 Aug 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Hitte, Hormone en Hoofopskrifte

Hierdie week se KLETS begin nie met politiek nie. Dit begin met hitte. Daai Gauteng-hitte wat jou laat wonder of jy in Pretoria, Pofadder of binne-in ’n pizza-oond woon. Matthys is oortuig sy breinselle het begin saamsmelt, en Colene probeer vasstel of dit die hitte, menopouse, andropouse of net die…
11 Feb 1 hr 04 min

Donder, Bliksem, Dis steeds Januarie

Dis Januarie. Nogsteeds. En asof die jaar self dit wil bevestig, breek Gauteng oop met ’n moerse donderstorm terwyl Matthys en Colene die mikrofone aanskakel. Perfekte weer vir ’n KLETS vol hoop, verwarring en ligte paniek. In hierdie week se episode gesels ons oor daardie emosionele rollercoaster van Januarie. Die…
28 Jan 53 min

’n Dieet, ’n Diktator en ’n App

Is jou Nuwejaarsvoornemens om gewig te verloor? Colene deel ’n wenner-dieet uit 1977 wat jou óf laat maer word, óf gelukkig gaan maak. Carl Niehaus het ’n plan. ’n Groot plan. Hy vermoed hy weet presies hoe om Amerika op hul plek te sit, terwyl Cyril Ramaphosa meen ministers verdien…
21 Jan 55 min

Wat Wag vir Suid-Afrika in 2026?

In deel twee van ons Astrologie KLETS oor 2026 bring ons alles terug huis toe. Die groot wêreldbewegings is een ding, maar wat beteken dit alles vir Suid-Afrika, ’n verkiesingsjaar, en vir jou persoonlik? Saam met Catherine Laurent kyk ons na die Suid-Afrikaanse politieke klimaat in 2026, ’n jaar waar…
14 Jan 1 hr 15 min

Begin, Beweeg, Besluit: Wat 2026 Bring en Inhou

In die heel eerste episode van KLETS skop ons 2026 af met konteks eerder as chaos, en met patrone eerder as paniek. Ons KLETS met die astroloog Catherine Laurent in hierdie eerste deel van ’n twee-delige reeks, waar ons kyk na siklusse, getalle en wêreldwye energieverskuiwings wat 2026 gaan vorm…
7 Jan 1 hr 12 min