Ep. 16 - Ondersteunende Leierskap: Ryno Els oor jongmense en geloof
Loading player...
In hierdie episode gesels ons met Ryno Els, van Toringkerk. Hy is ’n predikant met ’n vars perspektief op hoe ons die volgende generasie kan ondersteun in hul geestelike reis. Ryno deel sy insigte oor ’n reeks gesprekke wat hy onlangs met jongmense gehad het, waar die idee van ’n “bottom-up approach” na vore gekom het. Hy beskryf hoe hierdie jongmense pleit vir meer geloof as ’n bron van betekenis en sin, veral in ’n tyd waarin daar dikwels druk is om universele waardes bo spesifieke geloofsoortuigings te plaas.
Die episode van "Onverwagse Oomblikke" waarna verwys word in die gesprek: https://iono.fm/e/1472534
Die episode van "Onverwagse Oomblikke" waarna verwys word in die gesprek: https://iono.fm/e/1472534