Wiele2Wiele ry met GWM se nuwe P500 en Tank 500

--:--
In hierdie week se episode gaan ry Wiele2wiele met ’n reus van ’n bakkie - die nuwe GWM P500 en ook met die Tank 500, wat amper ’n ampsmotor kan wees. Daar is nog ’n nuwe Chinese handelsmerk in Suid-Afrika - GAC - en sy nuwe GS3 Emzoom gooi behoorlik flikkers. Daar is ’n motorwaardewenk oor hoe om die regte keuse te maak wanneer jy ’n tweedehandse motor koop en hulle gesels met Daniël Pienaar oor ‘These Sweet Times’ vir ysterperd-herhinneringe.
22 Aug 2024 Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele toets Tank, Omoda en Transit

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele is daar drie padtoetse: Die GWM Tank 300 2.4 diesel, Omoda se C5 230T en die Ford Transit Custom Sport. Hulle gesels ook met Carien Teessen - sy was die enigste dame op ’n vierwielmotorfiets wat aan die onlangse SA Safari Veldtydren deelgeneem…
5 Jun 26 min

Wiele2Wiele ry nuwe hibriede Jaecoo J7

In hierdie week se episode gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Honda Amaze en ervaar die Jaecoo J7 SHS voor sy amptelike bekendstelling. Hulle deel hul eie Kritzinger get\Worth-storie en staan breëbors trots oor ronde drie van die 2025 Wêreld-veldtydrenkampioenskapreeks (W2RC) wat op eie bodem plaasgevind het - die Safari…
30 May 27 min

Wiele2Wiele ry met SA se Motor van die Jaar

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan ry hulle met die splinternuwe vierdegenerasie Suzuki Dzire en spandeer tyd met die SA Motor van die Jaar-wenner - die BMW X3 e30.
23 May 24 min

Wiele2Wiele: Hier is SA se Motor van die Jaar

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word die wenners van die Motor van die Jaar (COTY) onder die loep geneem. Hulle gesels die nuwe sewestiplek-Hyundai Alcazar en die Isuzu mu-X wat opgeknap is. Hulle verduidelik wat die verskillende rookkleure uit jou uitlaat kan beteken en gesels oor die Fransman…
16 May 23 min

Wiele2Wiele gesels oor afgelope Simola-heuwelren

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gesels hulle oor die 15de Simola Hillclimb wat die afgelope naweek plaasgevind het en Jeanette wat daar deelgeneem het in ’n Suzuki Swift Sport en deel was van die Suzuki SA-span. Terwyl sy in die Suid-Kaap was, het sy ook met Dirk Coetzee…
8 May 27 min