Dis Heerlike Lente: Carin van Heerden gee raad oor Trends en Kleure

Loading player...
In hierdie lente-episode gesels Colene en Matthys met die bekende interior designer, Carin van Heerden van Carne Interiors, oor hoe jy jou huis kan verfris vir die nuwe seisoen.

Carin gee praktiese wenke oor die nuutste trends vir 2025 en hoe jy jou leefruimte kan opkikker met haar gunsteling Dulux kleure. Of jy nou ’n volledige herontwerp beplan of net ’n paar opdaterings wil maak, hierdie episode is propvol kreatiewe idees en praktiese raad.

Ons kyk na die Springbokke se oorwinning teen Nieu-Seeland, en hoe die Haka nie kon keer dat die Bokke hulle wenspreeu voortsit nie. Ons bespreek ook die verlowing van een van Zuma se dogters aan koning Mswati III, en hoe sy sekerlik in weelde sal leef, in teenstelling met baie van die inwoners van sy koninkryk wat op R 34.00 per dag moet oorleef.

Ons sluit die episode af met die grusame storie van ’n langafstand-Olimpiese atleet wat nou in die hospitaal is ná ernstige brandwonde, en vra die vraag of die mensdom ooit in vrede sal kan saamleef, ondanks kultuurverskille.

Kontak besonderhede vir Carne Interiors:

• Website: www.carneinteriors.co.za
• E-pos: admin@carneinteriors.co.za
• Tel: 012 348 0869
Chapters
4 Sep 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Petrol, Politiek en ’n Ongemaklike Pomp

Hierdie week se KLETS begin by petrol… want dis waar jou begroting en jou bui mekaar elke oggend ontmoet. Maar, wie pomp vir wie? Donald Trump is weer los is op Truth Social, en die spanning in die Midde-Ooste is al hoe minder “breaking news” en al hoe meer soos…
8 Apr 1 hr 01 min

Grys en Gatvol maar Glad Nie Stil Nie

Ons gesels met kunstenaar en skrywer Maritza Breitenbach – ’n vrou wat nie net skep nie, maar ook voel, dink en kyk op maniere wat jou laat stilstaan. Van haar internasionaal erkende “The Cookie Book”, wat selfs Oprah se aandag getrek het, tot haar beeldhouwerk wat gevorm word deur die…
18 Mar 1 hr 17 min

Die Eerste Agt Dae van die Oorlog: ’n Suid-Afrikaner in Doha vertel

Die bomme val steeds in die Midde-Ooste en die wêreld kyk met groot oë na wat besig is om te ontvou. Ons praat met Adam du Plooy, een van ons getroue KLETS-luisteraars wat in Doha, Katar woon, om te hoor hoe dinge werklik op grondvlak voel. Adam gee vir ons…
11 Mar 1 hr 26 min

Ink op "Die Papier" en Vuur in die Midde-Ooste

In hierdie week se KLETS praat Colene en Matthys met die nuusredakteur van die splinternuwe Afrikaanse weeklikse koerant, Die Papier. In ’n tyd waar verskeie Afrikaanse koerante hul deure gesluit het, verskyn Die Papier op Vrydag 6 Maart 2026 vir die eerste keer en gaan dit elke Vrydag landwyd op…
4 Mar 49 min

Van SONA tot SAAI: Die werklikheid van Bek-en-Klouseer

Hierdie week se KLETS begin by die groot verhoog: SONA 2026. Die rooi tapyt, die applous, die beloftes. Maar wat bly oor, ná al die woorde? Dan skuif ons van die Parlement se blink ligte na die stofpaaie van die platteland. Ons gesels met Dr Theo de Jager van SAAI,…
18 Feb 58 min