Wiele2Wiele ry met nuwe Tiguan

--:--
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele het hulle met die splinternuwe derde generasie Volkswagen Tiguan gaan ry en tyd met VW se ID.4 deurgebring. GAC se nuwe Emkoo gooi flikkers, hulle gee raad oor waardevermindering en vertel vir jou van ’n sakpas-avontuurmotorfiets wat jou sal verbaas - die Kove 450 Rally.
12 Sep Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele toetsbestuur Monster-Merc

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele toetsbestuur hulle die lang slap Mercedes-AMG GT 63 E Performance - ’n monster met Formule 1-tegnologie, 620 kW en ’n ongelooflike 1 470 Nm wringkrag. Nissan stel ook sy nuwe Magnite bekend, propvol moderne tegnologie. Nicol en Mariantha van get\Worth pak ’n prettige…
22 Nov 26 min

Wiele2Wiele ry met Omoda C9 en nuwe Swift

In hierdie episode van Wiele2Wiele spandeer hulle tyd met die luukse Omoda C9 en Suzuki se splinternuwe Swift wat op almal se lippe is. Hulle gesels met Winstone Jordaan, hoof uitvoerende beampte by GridCars, om antwoorde te kry op ’n klomp brandende vrae. Daar is ook ’n lusmaker vir 2Wiele…
14 Nov 26 min

Wiele2Wiele ry met Chinese Jetour X70 Plus

In hierdie episode leer Wiele2Wiele die Jetour X70 Plus van nader ken – 'n sewesitplek-sportnuts met 'n prys van R 454 900. Hulle verken ook twee Volkswagen Polo Vivo-modelle. get\Worth gaan vir November “mal” met hulle pryse en tydens die tegniese wenk van die week bespreek hulle hibriede-aandryfstelsels. Hulle hou…
8 Nov 25 min

Wiele2Wiele ry met Tourneo-bus en Jaguar se I-Pace

In hierdie episode spandeer Wiele2Wiele tyd met die nuwe Ford Tourneo-bussie en ook die Jaguar I-PACE. Hulle gesels dan met Donovan Parker, die aankoopspesialis by get/Worth, oor hoe hulle kwaliteit beloon. Vir 2Wiele gaan dit alles oor die opwindende 2024 WorldSBK-seisoen en wie as kampioene bekroon is.
31 Oct 24 min

Wiele2Wiele ry Merc se ingenieurswonder

In hierdie week se Wiele2Wiele-episode ry hulle met die ingenieurswonder - die Mercedes-AMG C63S E Performance wat 500 kW en 1 020 Nm bied. Omoda stel sy luukse C9-sportnuts bekend en get\Worth wil hul pakhuis volmaak en sal kwaliteit beloon. Hulle vertel jou alles oor turbo-tegnologie en daar is ’n…
24 Oct 24 min