DA eis antwoorde oor Covid-19-vraghouerhuise

--:--
Die DA eis antwoorde van die menslike nedersettings-departement in Gauteng oor onverklaarbare vertragings om tydelike Covid-19-vraghouerhuise toe te ken. Die DA-woordvoerder vir menslike nedersettings, Mervyn Cirota, waarsku die vertraging van vier jaar het gelei tot onwettige besetting en vandalisme, terwyl gefrustreerde inwoners wag op waardige behuising.
14 Sep 6AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Nobelprys vir Fisika gaan vir ontwikkeling van kunsmatige neurale netwerke

Die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe het die Nobelprys vir Fisika vir 2024 aan John Hopfield van Amerika en Geoffrey Hinton van Kanada toegeken vir hulle werk met kunsmatige neurale netwerke. Hopfield het ʼn netwerk geskep wat patrone in data skep en stoor, terwyl Hinton metodes vir masjiene geskep het…
8 Oct 8AM 1 min

Vaardighede moet in land gehou word: Nandi-Ndaitwah

Die 8ste uitsaai- en digitale mediakonferensie vind in Swakopmund plaas, waar kunsmatige intelligensie se potensiële rol in die uitsaaibedryf ondersoek word. Die tema is "Uitsaai en inhoudpublisering in die KI-geïnfuseerde digitale ekosisteem". Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het in 'n toespraak haar versigtigheid vir die gebruik van kunsmatige intelligensie in die media…
8 Oct 8AM 1 min

Uutoni gee jongste oor behuisingsprojekte

Die Minister van Stedelike en Landelike Ontwikkeling, Erastus Uutoni, het 'n vertroudheidsbesoek aan die massa-behuising ontwikkelingsprojek in Otjomuise onderneem. Uutoni het in sy toespraak gesê die projek is vertraag weens 'n voortslepende hofsaak, maar is nou weer op dreef. Hy het 'n opdatering gegee van die huise wat regoor die…
8 Oct 6AM 1 min

Vier leerders in Soweto dood na spazawinkel-kos

Die polisie ondersoek die dood van vier leerders wat die afgelope naweek in Soweto vermoedelik aan voedselvergiftiging dood is. Drie leerders tussen sewe en nege jaar oud van Karabo Primary School is dood nadat hulle kos geëet het wat vermoedelik gif in gehad het. ʼn Vyfde leerder wat in graad…
8 Oct 6AM 1 min

Lifeline sê oor hemelhoë selfmoordsyfer

Die hoë selfmoordsyfer in Namibië wek al lank kommer, en NamPol se naweekmisdaadverslag het ses selfmoorde aangeteken. Volgens plaaslike media word daar gemiddeld een selfmoord per dag in Namibië gepleeg. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Shamyn Louw, die koördineerder van die beradingsentrum Lifeline Childline. Sy sê dat sogenaamde "einde-van-die-jaar…
8 Oct 6AM 1 min