Dis Clausthaler Finkenstein Trail Run op 5 Oktober!

--:--
Die Clausthaler Finkenstein Trail Run vind op 5 Oktober by die Finkenstein Bosmark plaas, en behels 4km- en 8km-roetes. Vroeë registrasie kos 150 Namibiese dollar en 50 dollar vir kinders onder 12, terwyl laat registrasie 200 dollar is. Registrasie maak 7-uur oop en die wedloop begin om half-agt. Deelnemers wat drie van hul Clausthaler Finkenstein Trail Run-medaljes inbring, sal 'n gratis T-hemp ontvang. Die organiseerder, Francois Steynberg, gesels met Kosmos 94.1 Nuus en gee meer inligting.
18 Sep 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

NamRA, finansministerie 'knou werkgewers met terugbetalings'

Die Vakbondkongres van Namibië, Tucna, beskuldig die finansministerie en NamRA daarvan dat hulle hul verantwoordelikheid om die belastingterugbetalings te doen, op werkgewers plaas. Die vakbond sê dit sal vir sommige werkgewers moeilik wees om by te bring. Mahongora Kavihuha, Tucna se sekretaris-generaal, brei uit.
19 Sep 12PM 1 min

Ithala-bank kan ineenstort: ActionSA

ActionSA sê die Ithala-bank kan binnekort ineenstort as die KwaZulu-Natalse regering of die Nasionale Tesourie die bank nie 'n kapitaal-inspuiting gee om te verseker dat hy voldoende gekapitaliseer is nie. Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor het die bank in KZN se lisensie opgeskort na hy nie aan gesonde finansiële…
19 Sep 12PM 1 min

Vyf kameelperde op pad na Okongo-bewarea

Die omgewing-ministerie gaan vyf kameelperde vanaf die Waterberg Plato-park naby Otjiwarongo na die Okongo-bewarea en gemeenskapswoud in die Ohangwena-streek verplaas. Dit vorm deel van die regring se deurlopende pogings om kameelperde weer te vestig in gebiede waar hulle eens volop was. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, gee meer inligting.
19 Sep 11AM 1 min

'Regering bang', daarom is openbare ooreenkomste-wetsontwerp van tafel af

Binnelandse sake-minister Albert Kawana het die omstrede Wetsontwerp op Openbare Byeenkomste en Openbare Optogte tydelik teruggetrek. Hy het erkenning gegee aan die wydverspreide negatiewe reaksie wat dit ontvang het. Die wetsontwerp het tronkstraf van tot 'n jaar ingesluit vir die organiseerders van betogings binne 500 meter van belangrike regerings- en…
19 Sep 11AM 1 min