Rapport Praat Sport | Rassie onthul waarom hy met Manie volhard

--:--
’n Haai se groot bekentenis oor dáái omgekeerde bal. Die R7 miljoen-Curriebeker-geelwortel vir die Groot Vier... en natuurlik alles en nog meer oor Manie Libbok se mislukte stelskop. In dié week se Rapport Praat Sport wonder Hendrik Cronjé of dit nie dalk tyd is vir Manie om sy vlerke oorsee te sprei nie. Tinus van Staden en Jóhann Thormählen het verskillende idees oor hoe die Bokke dié losskakel Saterdag moet aanwend. Ons hoor ook wat Rassie Erasmus en Bongi Mbonambi oor Manie te sê het. En skuld jy vir Eben Etzebeth geld? Wees versigtig...
25 Sep 2024 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Johan Ackermann: ‘Bulle se sukses maak dié pos ’n taai toffie’

Die vorige keer wat Johan Ackermann ’n groot Suid-Afrikaanse rugbyspan afgerig het, het hy ’n sukkelende Leeus-span terug op die wenpad gekry. Nou wag ’n ander tipe uitdaging op hom. Die Bulle het in drie van die vorige vier VRK-eindstryde gespeel, en het enorme spelersdiepte. Ackermann, wat verlede week as…
23 Jul 36 min

Die brein agter Rassie se middelveld-lynstane: PRG se DeWet Marais

DeWet Marais, tweedespan-afrigter van Paul Roos Gimnasium, kon sy oë nie glo toe hy Saterdag sien die Springbokke doen ’n beweging wat hy en sy mede-afrigter Erhardt Muth vroeër vanjaar vir skolerugby uitgedink het nie. DeWet, ’n voormalige SA Skole-afrigter, sluit hom dié week op Rapport Praat Sport aan en…
16 Jul 29 min

Franco Smith: ‘Dis ’n voorreg om in Bul-gesprek genoem te word’

Franco Smith sluit hom dié week op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy loopbaan, die sukses wat hy by die Glasgow Warriors behaal het, en die moontlikheid dat hy by Jake White kan oorneem as afrigter van die Bulle. “Ek is nog onder kontrak in Skotland, maar…
9 Jul 35 min

Ruan Smith: Van skrums teen Kitsie tot vrousoek op ‘Op my Eish!’

Ruan Smith is pas aangekondig as die nuwe vrygesel van KykNET se maatsoekprogram ‘Op my Eish!’. Dié week in Rapport Praat Sport gesels ons met dié voormalige Leeus-stut oor sy nuwe avontuur wat voorlê. Smith gesels ook padlangs oor sy rugbyloopbaan en die uitdagings wat hy in die gesig gestaar…
2 Jul 30 min

Jake se kop gaan rol: Selfs Rupert-vriendskap kan hom nie red

In dié week se Rapport Praat Sport bespreek Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Brenden Nel die burgeroorlog wat by Loftus Versfeld woed. Jake White gaan nie die rebellie teen hom oorleef nie. White, die Bulle se direkteur van rugby en hoofafrigter van die VRK-span, het sy kleedkamer verloor. Senior spelers…
25 Jun 37 min