Rapport Praat Sport | Bokke se lekker losskakel-toffie

--:--
Die 10-uit-10 vertoning wat Manie Libbok Saterdag in Mbombela vir die Bokke opgedis het, het opnuut gewys hoeveel kopkrap die 10-trui nog vorentoe vir die Bokke se breintrust gaan veroorsaak. Ons gesels ook oor TonyBall, die speelstyl wat Tony Brown as aanvalsafrigter na die Bokke gebring het, en ons hoor wat Swys de Bruin tranerig maak sedert hy die vroue-Bokke begin afrig het.
2 Oct 2024 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Powell oor oogknip-sage: ‘Jaden se kramp so erg hy kon nog nie weer oefen’

Die oogknip-herrie het die rugbywêreld behoorlik op hol. Siya Kolisi sê die Iere moet oor Jaden Hendrikse se stoute oogknip vir die Munster-losskakel Jack Crowley kom. Munster sê Hendrikse het aangesit – hy het g’n ’n kuitkramp gehad in dié spanne se spannende uitskopstryd verlede naweek op Kingspark nie. Dié week…
4 Jun 29 min

Die Bomb Squad-les wat Johann van Graan by Rassie leer

Johann van Graan, voormalige Springbok-hulpafrigter, het in 2022 ’n Bath-rugbyspan geërf wat, in sy eie woorde, gebroke was. Binne drie seisoene het Van Graan dié Engelse span in ’n breker-eenheid omskep. Bath het vanjaar reeds die Premierliga se Beker-kompetisie gewen, en ook die Uitdaagbeker verower deur verlede naweek vir Lyon…
28 May 33 min

Wat eet die wêreld se sterkste man? Álles, sê Rayno Nel

As ’n jong laaitie in Upington was dit Rayno Nel se droom om eendag groot rugby te speel. Dié droom het later begin wegsyfer . . . en plek gemaak vir iets anders. Nel het die afgelope naweek die Worlds Strongest Man-kompetisie in Amerika gewen. “Ek sal nou dié sport vir niks verruil…
21 May 21 min

Brok Harris: ‘Toe gooi Luke Watson vir my ’n oefentrui...’

Ná ’n loopbaan van bykans twee dekades, en 435 eersterangse wedstryde, het Brok Harris sy tokse weggebêre. Dié week sluit die Stormers-strydros hom by ons aan op Rapport Praat Sport om te oor sy loopbaan gesels. Hy verklap sy taaiste teenstander, die beste speler saam met wie hy ooit gespeel…
14 May 36 min