Episode 32 | ‘Ek het amper doodgegaan …' – vrou wat sewe jaar op straat geleef het, vertel

--:--
“Die mens wat ek nou in die spieël sien, is nie dieselfde mens voor ek dwelms begin gebruik het nie … maar ek glo dit is God wat my geplaas het waar ek nou is,” vertel Elize Felton (47) wat tot so onlangs as ’n paar maande terug nog gebly het in ’n hokkie onder ’n brug in Bellville in die Kaap. Haar blyplek vir sewe jaar na slegte goed in haar lewe gebeur het en haar huwelik uitmekaar geval het. Dit het gevat dat sy amper doodgegaan het voor sy hulp gaan soek het en so uitgekom het by MES se Safe Space in Durbanville, ’n plek wat mense soos sy help om hulle menswaardigheid terug te vind.

10 Oktober is Wêreldgeestesgesondheidsdag én Wêreldhaweloosheidsdag. Daarom is hierdie die eerste van twee onderhoude wat Kollig dié maand by MES gedoen het. Luister gerus ook volgende week na die opvolggesprek met ’n maatskaplike werker wat meer vertel oor die sielkundige skade wat mense opdoen wat jare lank op straat lewe.
4 Oct 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 47 | Maartje van der Westhuizen gesels met Barnard Beukman

As ons oor die kerk dink, dan kyk ons dikwels na die kerkbesluite wat die koerantopskrifte haal, maar die hart van die kerk lê eintlik op gemeentevlak. So sê Maartje van der Westhuizen, assessor (ondervoorsitter) van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen. Barnard Beukman, oud-redakteur en joernalis, het in…
14 Jul 18 min

Episode 46 | Jan Lubbe in gesprek met Barnard Beukman

"Hy dink nie ons ag die krag van ons woorde genoeg nie." So sê Jan Lubbe, moderator van die NG Kerk, met verwysing na die vlak van debat wêreldwyd, maar ook plaaslik in ons land se konteks sowel as in kerklike gesprekke. Lubbe het vroeër vanjaar in ’n rubriek aan…
10 Jul 20 min

Episode 45 | ‘Siekte het my ’n beter predikant gemaak’

Bennie Janse van Rensburg het ’n oorerflike spierkwynende siekte waarvoor daar nie genesing is nie. FSH-spierdistrofie, wat in 2007 by hom gediagnoseer is, het hom oor jare so verswak dat sy stewige paar bene hom nie meer kan vat waar hy wil wees nie. Hy kan nou nie eens meer…
18 Jun 11 min

Episode 43 | 'Afrikaners' as slagoffers - Hoe praat ons daaroor?

Hoe praat ons oor slagofferskap binne die konteks dat (net wit?) Afrikaanse boere (?) vir vlugtelingstatus mag aansoek doen by die VSA? In ’n tyd waarin wyd oor hierdie sensitiewe, komplekse en kontroversiële kwessie gepraat word, nooi Kerkbode vir ’n veelvlakkige gesprek hieroor die ervare kerkjoernalis en skrywer Neels Jackson…
21 May 25 min