‘Net nog enetjie’ | Poppemeester Panyaza se presidensiële ambisie | Ep. 18

Loading player...
In hierdie week se aflewering van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en gas-aanbieder Anton Meijer oor Panyaza Lesufi se hede, verlede en al sy toekomstige ambisies. Lesufi is soos ʼn poppemeester wat sy lang vingers oral indruk waar mag dalk te vind is. Agter die skerms sal hy egter nie bly nie, want sy politieke toekoms is veel te blink in die ANC.
Chapters
  • 00:00 Inleiding
  • 02:19 Waar kom Lesufi vandaan?
  • 04:15 Lesufi se kruistog teen Afrikaans
  • 08:55 President en poppemeester Panyaza
  • 13:46 Lesufi trek dwars in Gauteng
  • 18:55 Ramaphosa se nalatenskap in gedrang
  • 22:15 Mbeki klap na Lesufi
  • 29:36 Die vergestalting van die RNE se krake
  • 35:24 Kan Afrikaners toyi-toyi?
16 Oct 2024 Afrikaans South Africa News Commentary · News

Other recent episodes

Net nog enetjie | John Deere-huisen se nalaten-skaap | Ep. 66

John Steenhuisen het Woensdagoggend aangekondig dag hy nie weer as partyleier verkiesbaar sal wees in April tydens die DA se federale kongres nie. Hy sal eerder as minister van landbou al sy energie stort in die reuse-bek-en-kloukrisis wat tans in die land heers. In hierdie week se episode van Net…
4 Feb 20 min

Net nog enetjie | Manne met gunne | Ep. 65

Die groot vraag in Suid-Afrika is tans: wat gaan aan met al die manne met gunne? Julius Malema is verlede jaar skuldig bevind in AfriForum se vuurwapensaak teen kom. Nou is die man in die voorvonnisverrigtinge om uit te vind of hy sy rooi oorpak vir ʼn oranje een gaan…
28 Jan 30 min

Net nog enetjie | Die regering van nasionale verwarring | Ep. 64

In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Christel Cornelissen, Connie Mulder en Nico Strydom oor die stand van sake in Suid-Afrika. Vanaf die huidige krisis rondom bek-en-klouseer tot die regering van nasionale verwarring en verlamming in ’n verkiesingsjaar. Wie hou kop in dié chaos en wie gaan…
22 Jan 29 min