Rapport Praat Sport | Onthul: Vier Grotes wil Cheetahs en kie met Superrugby-geelwortel swaai

Loading player...
Ons gesels oor die stand van sake met SA Rugby se beoogde Ackerley-vennootskap, en Hendrik Cronjé onthul ’n nuwe voorstel van die Stormers, Leeus, Bulle en Haaie om Saru se planne omver te werp. Ons praat ook oor Gayton McKenzie, die minster van sport, kuns en kultuur, se betrokkenheid by die voornemende ooreenkoms. Dit is ook die eerste keer dat ’n gas hom regstreeks by ons aansluit. Jacques Faul, die uitvoerende hoof van die Titans en een van die land se mees gesiene sportadministrateurs, praat oor die ekonomiese verskuiwings in die sportlandskap. Hy waarsku ook teen die gevare van eiebelang. Jóhann Thormählen verduidelik die stand van sake in vrouerugby, en ons bekyk die jongste uitslae in die Verenigde Rugbykampioenskap.
16 Oct 2024 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Skolerugby: Breiers verdien soms meer as skoolhoofde

Die skolerugbykenner Hannes Nienaber sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan. Hy sê watter skole en spelers vanjaar dopgehou moet word en vertel hoeveel van die land se skole hul breiers betaal.
4 Feb 30 min

Neil de Bruin: ‘Pollard ís ’n aanvallende 10’

Neil de Bruin, die Bulle se nuwe aanvalsafrigter, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy skuif na Loftus Versfeld. Hy verduidelik hoe die Bulle besig is om hul seisoen om te draai, wat van Sebastian de Klerk en Jeandré Rudolph sulke goeie spelers maak…
28 Jan 27 min

Saru-baas: ‘Ons sal klou aan Tony – dalk selfs ná 2027’

In 2026 se eerste episode van Rapport Praat Sport gesels ons met die grootbaas van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, Rian Oberholzer, oor alles wat dié jaar vir die beheerliggaam voorlê. Ons pols hom ook oor die toekoms van Tony Brown, die Springbok-hulpafrigter wat glo hoog op Nieu-Seeland se wenslys is vir…
21 Jan 22 min

2025: Die jaar toe Rassie die wêreld uitoorlê

In ons laaste episode van vanjaar kyk ons terug op ’n jaar waarin die Springbokke na ’n nuwe rat oorgeskakel het en besef Rassie Erasmus het nie sy gelyke as rugbyafrigter nie. Ons kies ons topdrie-Bokke van die jaar, die topdrie-spelers wie se aandele gestyg én gedaal het, en bespreek…
10 Dec 2025 28 min