Rapport Praat Sport | Onthul: Vier Grotes wil Cheetahs en kie met Superrugby-geelwortel swaai

--:--
Ons gesels oor die stand van sake met SA Rugby se beoogde Ackerley-vennootskap, en Hendrik Cronjé onthul ’n nuwe voorstel van die Stormers, Leeus, Bulle en Haaie om Saru se planne omver te werp. Ons praat ook oor Gayton McKenzie, die minster van sport, kuns en kultuur, se betrokkenheid by die voornemende ooreenkoms. Dit is ook die eerste keer dat ’n gas hom regstreeks by ons aansluit. Jacques Faul, die uitvoerende hoof van die Titans en een van die land se mees gesiene sportadministrateurs, praat oor die ekonomiese verskuiwings in die sportlandskap. Hy waarsku ook teen die gevare van eiebelang. Jóhann Thormählen verduidelik die stand van sake in vrouerugby, en ons bekyk die jongste uitslae in die Verenigde Rugbykampioenskap.
16 Oct 2024 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Jake se kop gaan rol: Selfs Rupert-vriendskap kan hom nie red

In dié week se Rapport Praat Sport bespreek Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Brenden Nel die burgeroorlog wat by Loftus Versfeld woed. Jake White gaan nie die rebellie teen hom oorleef nie. White, die Bulle se direkteur van rugby en hoofafrigter van die VRK-span, het sy kleedkamer verloor. Senior spelers…
25 Jun 37 min

Rassie oor plan vir 2025: ‘Wen genoeg om goeie WB-loting te kry’

Vandeesweek in Rapport Praat Sport kyk ons na die Proteas se spogsege in die eindstryd van die Wêreld-toetskampioenskap. Ons hoor by Shukri Conrad wat dié oorwinning vir hom en sy span beteken. Ons hoor ook by Rassie Erasmus, Springbok-afrigter, wat sy planne vir die jaar inhou en wanneer hy beoog…
18 Jun 22 min

Schalk oor Comrades: ‘Laaitie hol agter my aan vir handtekening!’

Die komediant en akteur Schalk Bezuidenhout het Sondag die Comrades-ultramarathon vir die eerste keer aangedurf en ’n tyd gehardloop waarmee hy sommer baie tevrede is. Dié week sluit hy hom op Rapport Praat Sport aan en gesels oor sy voorbereiding en sy wedloop. Hy vertel hy het in ’n stadium…
11 Jun 25 min

Powell oor oogknip-sage: ‘Jaden se kramp so erg hy kon nog nie weer oefen’

Die oogknip-herrie het die rugbywêreld behoorlik op hol. Siya Kolisi sê die Iere moet oor Jaden Hendrikse se stoute oogknip vir die Munster-losskakel Jack Crowley kom. Munster sê Hendrikse het aangesit – hy het g’n ’n kuitkramp gehad in dié spanne se spannende uitskopstryd verlede naweek op Kingspark nie. Dié week…
4 Jun 29 min

Die Bomb Squad-les wat Johann van Graan by Rassie leer

Johann van Graan, voormalige Springbok-hulpafrigter, het in 2022 ’n Bath-rugbyspan geërf wat, in sy eie woorde, gebroke was. Binne drie seisoene het Van Graan dié Engelse span in ’n breker-eenheid omskep. Bath het vanjaar reeds die Premierliga se Beker-kompetisie gewen, en ook die Uitdaagbeker verower deur verlede naweek vir Lyon…
28 May 33 min