ECN weier om te sê oor Ren-Form

--:--
Die Namibiese Verkiesingskommissie weier om enige kommentaar te lewer oor die aanstelling van Ren-Form in Johannesburg om die nodige stembriewe vir die 27 November verkiesings te verskaf. Ren-Form is in die middel van ‘n korrupsie skandaal in verband met Zimbabwe se verkiesings waarby miljoene dollar betrek word. In Julie het Daily Maverick berig dat Ren-Form, die prys van onder meer stembriewe verhoog het terwyl sy polities verbonde Zimbabwiese sakeman, Wicknell Chivayo, betalings aan geheimsinnige amptenare gemaak het. In een geval het Ren-Form die Zimbabwiese verkiesingskommissie 23 miljoen Namibiese dollar gefaktureer vir 'n bediener wat normaalweg net 90 000 dollar kos. Die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka het eenvoudig die volgende gesê.
18 Oct 4AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Tieners, drank, en dwelms onder die loep

NamPol sê hulle gaan op shebeens, cuca-winkels en drankwinkels toeslaan wat alkohol aan minderjarige kinders verkoop. Dit volg op 'n ontstellende voorval in Rundu, waar 'n video wys hoe kinders, sommige net nege jaar oud, in skooldrag by 'n cuca-winkel drink. Die voorval, asook vorige berigte van kinders wat alkohol…
18 Oct 6AM 1 min

Groot kommer oor ECN se toekenning aan Ren-Form

Terwyl die Namibiese Verkiesingskommissie doodstil is oor die aantygings teen Ren-Form in Johannesburg, wat aangestel om die nodige stembriewe vir die 27 November verkiesings te verskaf, word reaksie ontvang. Die maatskappy is betrek by ‘n beweerde bedrogspul met die Zimbabwiese verkiesings en miljoene in bedra word genoem. Kosmos 94.1 Nuus…
18 Oct 6AM 1 min

Swanger vrou in die sop na sy kaal foto's van radio aanbieder deel

‘n Smetterige bedryf het homself uitgespeel in die Noorde met die 33-jarige Hilia Shikongeni wat gearresteer is na sy kaal foto’s van ‘n bekende en gewilde radio aanbieder gedeel het. Die aanbieder was na bewering in ‘n verhouding met haar man met wie sy vervreem was. Sy is borg van…
18 Oct 6AM 1 min