Netanyahu nog nie klaar met Gaza nie

--:--
Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê die dood van die Hamas-leier, Yahya Sinwar, beteken nie die einde van die oorlog in Gaza nie. Israelse magte het hom in Rafah doodgemaak. Sinwar was glo die baasbrein agter verlede jaar se aanvalle op 7 Oktober in Israel waarin 1 200 mense dood en 250 gyselaar geneem is. Dit het gelei tot 'n Israelse aanslag op Gaza waarin sowat 42 000 mense sover gesterf het. Netanyahu sê die fokus is nou op die gyselaars se bevryding.
18 Oct 8AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Nuwe Katutura-distrikshospitaal uiters belangrik

Tenders wat verband hou met die konstruksie van 'n distrikshospitaal in Katutura is oop. Daar word gevra vir grootmaat elektriese dienste vir plaas 1024 in Havana. Bodde is ook oop vir toegangspad- en grootmaat waterdienste by dieselfde erf. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur van…
18 Oct 10AM 1 min

Landbou-unies sê werkverliese op pad weens minimumloon

Die arbeidsminister, Utoni Nujoma het bevestig dat die minimumloon op 1 Januarie 2025 in werking tree. Onder andere die landbousektor het gevra vir 'n gefasseerde inwerkingstelling oor drie jaar, wat toegestaan is. Alle lone moet egter in kontant betaal word en rantsoen kan nie daarvoor gebruik word nie. Danie van…
18 Oct 10AM 1 min

ATM steun AmaHlubi se koningskap-saak

Die African Transformation Movement sê hy vereenselwig hom met die Amahlubi-stam van KwaZulu-Natal terwyl die Hooggeregshof in Pretoria sy koningskap-saak gaan aanhoor. Die stam wil hê die hof met die Nhlapho-kommissie se verslag van 2010 hersien wat tradisionele leierskapsgeskille hanteer het. ATM se woordvoerder, Zam Ntshona, sê dié keerpunt is…
18 Oct 9AM 1 min