Rapport Praat Sport | Basta met rugby se stampkar-rooies

--:--
Die Bulle het in albei hul laaste wedstryde rooi kaarte ontvang wat by nabetragting afgegradeer is na geel. Die besluit vandeesweek dat die haker Johan Grobbelaar nie werklik rooi moes sien nie, het egter te laat gekom om die Bulle van ‘n eenpunt-nederlaag te red.
Met Wêreldrugby op die punt om te stem oor die instelling van die 20 minuut-rooikaart woed ‘n hewige debat weer oor watter oortredings erg genoeg is om ‘n speler se wedstryd te beëindig (en sy span op die agtervoet te hou). Ons sportskrywers Hendrik Cronjé en Johann Thormahlen deel hul menings met ons.
Ons gesels ook oor die diepte in Springbok-rugby, die hoogte- en laagtepunte van die Protea-krieketvroue se pas-afgelope Wêreldbeker-toernooi en Kagiso Rabada se grootse mylpaal in die eerste toets teen Bangladesh.
23 Oct 2024 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Powell oor oogknip-sage: ‘Jaden se kramp so erg hy kon nog nie weer oefen’

Die oogknip-herrie het die rugbywêreld behoorlik op hol. Siya Kolisi sê die Iere moet oor Jaden Hendrikse se stoute oogknip vir die Munster-losskakel Jack Crowley kom. Munster sê Hendrikse het aangesit – hy het g’n ’n kuitkramp gehad in dié spanne se spannende uitskopstryd verlede naweek op Kingspark nie. Dié week…
4 Jun 29 min

Die Bomb Squad-les wat Johann van Graan by Rassie leer

Johann van Graan, voormalige Springbok-hulpafrigter, het in 2022 ’n Bath-rugbyspan geërf wat, in sy eie woorde, gebroke was. Binne drie seisoene het Van Graan dié Engelse span in ’n breker-eenheid omskep. Bath het vanjaar reeds die Premierliga se Beker-kompetisie gewen, en ook die Uitdaagbeker verower deur verlede naweek vir Lyon…
28 May 33 min

Wat eet die wêreld se sterkste man? Álles, sê Rayno Nel

As ’n jong laaitie in Upington was dit Rayno Nel se droom om eendag groot rugby te speel. Dié droom het later begin wegsyfer . . . en plek gemaak vir iets anders. Nel het die afgelope naweek die Worlds Strongest Man-kompetisie in Amerika gewen. “Ek sal nou dié sport vir niks verruil…
21 May 21 min

Brok Harris: ‘Toe gooi Luke Watson vir my ’n oefentrui...’

Ná ’n loopbaan van bykans twee dekades, en 435 eersterangse wedstryde, het Brok Harris sy tokse weggebêre. Dié week sluit die Stormers-strydros hom by ons aan op Rapport Praat Sport om te oor sy loopbaan gesels. Hy verklap sy taaiste teenstander, die beste speler saam met wie hy ooit gespeel…
14 May 36 min