Waardeer Jou Onnie!

Loading player...
In hierdie spesiale Onderwyser Waarderingmaand-episode van KLETS, gesels Colene en Matthys met Matthys se voormalige Afrikaanse Juffrou, Carina Wassermann, wat tans hoof is van Hoërskool Wolmaransstad.

Ons KLETS oor hoe die klaskamer deesdae lyk en kyk na die onlangste statistieke oor onderwysers se geestesgesondheid. Juffrou Wassermann deel hoe die klaskamer verander het, en hoe die geestesgesondheid van onderwysers drasties agteruitgegaan het en ’n eerlike bespreking oor die impak wat die BELA Wet op Afrikaanse skole kan hê.

En as jy dink dit gaan net ernstig wees...Juffrou Wassermann deel ’n paar stories oor hoe Matthys as tiener op skool was.

Maar dis nie al nie. Ons KLETS oor die skerp styging in water- en elektrisiteitskoste oor die afgelope 28 jaar en hoe dit bydra tot die feit dat 21% van mense se bankbalanse onder R1000 is voor salarisse inbetaal word.

Koning Charles is uitgeskel deur Lidia Thorpe, ’n Australiese politikus oor sy rol in die koloniale geskiedenis van Australië. Thorpe, bekend vir haar reguit uitsprake oor die ongeregtighede teenoor inheemse mense, het Charles “die koning van moord” genoem tydens ’n openbare verskyning.

En dan, ’n bietjie nader aan die huis, praat ons oor die City of Johannesburg wat inwoners vra om vir ’n beloning van R300 000 idees te gee oor hoe om die stad te verbeter — terwyl die stadsraad jare lank onbevoeg blyk te wees. Die vraag bly: Kan dié skouspelagtige verval omgekeer word deur idees van die publiek, of moet ons dalk eerder kyk na wie die stad bestuur?
Chapters
23 Oct 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Hitte, Hormone en Hoofopskrifte

Hierdie week se KLETS begin nie met politiek nie. Dit begin met hitte. Daai Gauteng-hitte wat jou laat wonder of jy in Pretoria, Pofadder of binne-in ’n pizza-oond woon. Matthys is oortuig sy breinselle het begin saamsmelt, en Colene probeer vasstel of dit die hitte, menopouse, andropouse of net die…
11 Feb 1 hr 04 min

Donder, Bliksem, Dis steeds Januarie

Dis Januarie. Nogsteeds. En asof die jaar self dit wil bevestig, breek Gauteng oop met ’n moerse donderstorm terwyl Matthys en Colene die mikrofone aanskakel. Perfekte weer vir ’n KLETS vol hoop, verwarring en ligte paniek. In hierdie week se episode gesels ons oor daardie emosionele rollercoaster van Januarie. Die…
28 Jan 53 min

’n Dieet, ’n Diktator en ’n App

Is jou Nuwejaarsvoornemens om gewig te verloor? Colene deel ’n wenner-dieet uit 1977 wat jou óf laat maer word, óf gelukkig gaan maak. Carl Niehaus het ’n plan. ’n Groot plan. Hy vermoed hy weet presies hoe om Amerika op hul plek te sit, terwyl Cyril Ramaphosa meen ministers verdien…
21 Jan 55 min

Wat Wag vir Suid-Afrika in 2026?

In deel twee van ons Astrologie KLETS oor 2026 bring ons alles terug huis toe. Die groot wêreldbewegings is een ding, maar wat beteken dit alles vir Suid-Afrika, ’n verkiesingsjaar, en vir jou persoonlik? Saam met Catherine Laurent kyk ons na die Suid-Afrikaanse politieke klimaat in 2026, ’n jaar waar…
14 Jan 1 hr 15 min

Begin, Beweeg, Besluit: Wat 2026 Bring en Inhou

In die heel eerste episode van KLETS skop ons 2026 af met konteks eerder as chaos, en met patrone eerder as paniek. Ons KLETS met die astroloog Catherine Laurent in hierdie eerste deel van ’n twee-delige reeks, waar ons kyk na siklusse, getalle en wêreldwye energieverskuiwings wat 2026 gaan vorm…
7 Jan 1 hr 12 min