Vrydag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

Loading player...
JOHANNES 10

7Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape.
8Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie.
9Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
10Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
11Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.
12Maar die huurling en hy wat nie 'n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar.
13En die huurling vlug, omdat hy 'n huurling is en niks vir die skape omgee nie.
14Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken.
15 Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape.
3 Jan 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

PSALMS 131 Berusting. 1 'n BEDEVAARTSLIED. Van Dawid. o Here, my hart is nie hoog en my oë nie trots nie; ook wandel ek nie in dinge wat vir my te groot en te wonderbaar is nie. 2Waarlik, ek het my siel tot bedaring gebring en stilgemaak; soos 'n gespeende…
6 Jan 1AM 16 min

Sondagaand Erediens - Prof Pieter Verster

JOHANNES 6 34Toe sê hulle vir Hom: Here, gee ons altyd hierdie brood. 35En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie. 36Maar Ek het vir julle…
5 Jan 12PM 23 min

Sondagoggend Erediens - Prof Pieter Verster

MARKUS 1 12En dadelik het die Gees Hom uitgedryf in die woestyn. 13En Hy was daar in die woestyn veertig dae lank, terwyl Hy deur die Satan versoek is; en Hy was saam met die wilde diere, en die engele het Hom gedien. Roeping van die eerste dissipels. (Mt. 4:12-25…
5 Jan 2AM 27 min

Saterdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

I KORINTHIËRS 3 10Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos 'n bekwame boumeester die fondament gelê, en 'n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou. 11Want niemand kan 'n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is…
4 Jan 1AM 20 min

Donderdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

I KORINTHIËRS 15 20Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het. 21Want aangesien die dood deur 'n mens is, is die opstanding van die dode ook deur 'n mens. 22Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook…
2 Jan 1AM 18 min