Sondagoggend Erediens - Prof Pieter Verster

Loading player...
MARKUS 1

12En dadelik het die Gees Hom uitgedryf in die woestyn.
13En Hy was daar in die woestyn veertig dae lank, terwyl Hy deur die Satan versoek is; en Hy was saam met die wilde diere, en die engele het Hom gedien.
Roeping van die eerste dissipels.
(Mt. 4:12-25 en ooreenk. pl.)
14 EN nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig
15en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie.
16En terwyl Hy langs die see van Galiléa loop, sien Hy Simon en Andréas, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.
17En Jesus sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal maak dat julle vissers van mense word.
18En dadelik het hulle hul nette laat staan en Hom gevolg.
19En toe Hy daarvandaan 'n bietjie verder gaan, sien Hy Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer, wat besig was om die nette in die skuit heel te maak.
20En dadelik het Hy hulle geroep, en hulle het hul vader Sebedéüs met die gehuurde mense in die skuit laat staan en Hom gevolg.
5 Jan 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

JEREMIA 32 13en ek het aan Barug voor hulle oë bevel gegee en gesê: 14So spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: Neem hierdie briewe, hierdie koopbrief, die verseëlde een sowel as hierdie oop brief, en sit hulle in 'n erdepot, dat hulle baie dae kan bly…
7 Jan 1AM 18 min

Maandag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

PSALMS 131 Berusting. 1 'n BEDEVAARTSLIED. Van Dawid. o Here, my hart is nie hoog en my oë nie trots nie; ook wandel ek nie in dinge wat vir my te groot en te wonderbaar is nie. 2Waarlik, ek het my siel tot bedaring gebring en stilgemaak; soos 'n gespeende…
6 Jan 1AM 16 min

Sondagaand Erediens - Prof Pieter Verster

JOHANNES 6 34Toe sê hulle vir Hom: Here, gee ons altyd hierdie brood. 35En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie. 36Maar Ek het vir julle…
5 Jan 12PM 23 min

Saterdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

I KORINTHIËRS 3 10Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos 'n bekwame boumeester die fondament gelê, en 'n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou. 11Want niemand kan 'n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is…
4 Jan 1AM 20 min

Vrydag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

JOHANNES 10 7Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape. 8Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. 9Ek is die deur; as iemand deur My ingaan,…
3 Jan 1AM 22 min