Waterveiligheid, Branding Drama, en ’n Huldeblyk aan Breyten Breytenbach

Loading player...
In hierdie spesiale voor-Desember episode van KLETS op 27 November 2024, fokus ons op waterveiligheid en hoe om jou gesin veilig te hou hierdie feestyd. Ons gesels met Dhaya Sewduth, die president van Lifesaving South Africa, wat praktiese waterveiligheid wenke en belangrike tips deel. Of jy by die see vakansie hou of binnelandse damme besoek, waterveiligheid is noodsaaklik om die Desember veilig, koel en sorgvry deur te bring.

Dhaya vertel ons ook meer van Lifesaving South Africa se Watersmart-projek, ’n unieke aanlyn leerplatform, wat mense toerus met noodsaaklike kennis en vaardighede oor waterveiligheid. Die platform bied gratis, interaktiewe kursusse wat spesifiek ontwerp is vir ouers, kinders, en opvoeders. Dit sluit in wenke oor hoe om waternoodgevalle te voorkom, basiese lewensreddingstegnieke, en hoe om ’n potensiële krisis reg te hanteer. Deur hierdie hulpbronne te gebruik, kan jy en jou gesin voorbereid wees op enige situasie. Besoek die webwerf vir meer inligting: https://lifesaving.co.za/watersmart/.

Ons “swem” ook oor na die wêreld van branding en vra: Is Jaguar se nuwe logo en veldtog die handelsmerk in gevaar? Hierdie veldtog het reeds gemengde reaksies ontvang en word deur sommige as nog ’n geval van “wokeness to broke-ness” beskou. Gaan Jaguar swem of sink?

Daarna kyk ons na Suid-Afrika se unieke status as een van die veiligste plekke op aarde, sou World War III ooit uitbreek. Ironies?

Ons sluit af met ’n huldeblyk aan Breyten Breytenbach, een van Suid-Afrika se grootste digterstemme. Sy gedig, “Ek Sal Sterf En Na My Vader Gaan”, herinner ons aan die krag van poësie en die nalatenskap van groot kunstenaars soos Breytenbach.

Maar dis nou dit tot en met 18 Desember 2024, dan KLETS ons weer. Kyk mooi na jouself, soet wees, en as jy nie soet is nie neem fotos!

Luister ook na ’n hartroerende storie oor waterveiligheid in ’n Ma en ’n Mikrofoon, episode 24: Die Dag Toe My Kind Verdrink Het.
27 Nov 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump blink, DSTV sink en Afrikaanse boeke skitter

In hierdie week se KLETS "beklets" ons alles van wêreldpolitiek, plaaslike “affairs”, kultuur, wyn, inkopies, en natuurlik ’n paar Suid-Afrikaanse oorwinnings. Trump het op 1 Desember 2025 die G20 oorgeneem in tipiese Trump-styl, met 'n gebalde vuis en selfversekerd, met sy belofte dat “The Best is Yet to Come”. Ons…
3 Dec 59 min

Die G20, Wynroem en DA Uber Eats Gate

In hierdie week se “KLETS” word wêreldpolitiek, plaaslike drama en ’n tikkie Uber Eats op die tafel gesit, "dis koue kos, skat!" Ons begin by Gauteng se G20-lockdown, die konferensie wat Suid-Afrika trots as ’n reuse sukses verklaar het. Want niks sê “internasionale sukses” so goed soos om jou grootste…
26 Nov 53 min

Wie is Ons Nou? ’n Gesprek oor Identiteit en Verantwoordelikheid

In hierdie kragtige en eerlike KLETS-episode grawe ons diep in die veelvlakkige vraagstuk van Afrikaanse identiteit en wat dit vandag beteken om ’n Afrikaner in Suid-Afrika te wees. Ons begin by die omstrede “Nie in ons naam” brief, wat ’n hele veldbrand aan gesprekke in en buite die Afrikaanse gemeenskap…
18 Nov 57 min

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min