Rassie ondergaan groot operasie

--:--
In dié week se Rapport Praat Sport onthul Hendrik Cronjé dat Rassie Erasmus pas ’n groot operasie ondergaan het. Ons praat ook oor die toekoms van Steven Kitshoff se loopbaan ná ’n nekoperasie, en neem die Bokke se spogseisoen in oënskou. Laat weet ons gerus wat jou hoogte- en laagtepunte van die jaar was, by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Wees ook op die uitkyk – volgende week het ons weer ’n spesiale gas wat hom by ons aansluit.
27 Nov 2024 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Die Bomb Squad-les wat Johann van Graan by Rassie leer

Johann van Graan, voormalige Springbok-hulpafrigter, het in 2022 ’n Bath-rugbyspan geërf wat, in sy eie woorde, gebroke was. Binne drie seisoene het Van Graan dié Engelse span in ’n breker-eenheid omskep. Bath het vanjaar reeds die Premierliga se Beker-kompetisie gewen, en ook die Uitdaagbeker verower deur verlede naweek vir Lyon…
28 May 33 min

Wat eet die wêreld se sterkste man? Álles, sê Rayno Nel

As ’n jong laaitie in Upington was dit Rayno Nel se droom om eendag groot rugby te speel. Dié droom het later begin wegsyfer . . . en plek gemaak vir iets anders. Nel het die afgelope naweek die Worlds Strongest Man-kompetisie in Amerika gewen. “Ek sal nou dié sport vir niks verruil…
21 May 21 min

Brok Harris: ‘Toe gooi Luke Watson vir my ’n oefentrui...’

Ná ’n loopbaan van bykans twee dekades, en 435 eersterangse wedstryde, het Brok Harris sy tokse weggebêre. Dié week sluit die Stormers-strydros hom by ons aan op Rapport Praat Sport om te oor sy loopbaan gesels. Hy verklap sy taaiste teenstander, die beste speler saam met wie hy ooit gespeel…
14 May 36 min

Jacques Burger: Rugby se taaiste man . . . én ’n J.K. Rowling-karakter

Hy het sy neus etlike kere gebreek, albei sy wangbene gebreek, 12 operasies op die regterknie gehad en drie aan die regterskouer . . . geen wonder dat Jacques Burger bekend staan as een van die taaiste, mees ongenaakbare rugbyspelers tot nog toe. Vandeesweek sluit dié Namibiese boer hom op Rapport Praat Sport…
30 Apr 30 min