Maandag Oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

Loading player...
PSALMS 25
Vergewing en bewaring.
1 'n PSALM van Dawid.
Alef. Tot U, o Here, hef ek my siel op.
2 Bet. My God, op U vertrou ek; laat my nie beskaamd staan nie; laat my vyande oor my nie juig nie.
3 Gimel. Ja, almal wat U verwag, sal nie beskaamd staan nie. Hulle sal beskaamd staan wat troueloos handel sonder oorsaak.
4 Dalet. Here, maak my u weë bekend; leer my u paaie.
5 He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag.
6 Sajin. Dink, Here, aan u barmhartigheid en u goedertierenhede, want dié is van ewigheid af.
7 Get. Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o Here!
8 Tet. Die Here is goed en reg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.
9 Jod. Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges sy weg leer.
10 Kaf. Al die paaie van die Here is goedertierenheid en trou vir die wat sy verbond en sy getuienisse bewaar.
2 Dec 2024 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

1 TESSALONISENSE 5 23Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! 2 KORINTIËRS 4 'n Skat in kleipotte 7Ons wat hierdie skat in…
17 Aug 2AM 11 min

Sondagaand Eredienste - Ds Zak Scholtz

JOHANNES 20 Die leë graf (Matt. 28:1-8; Mark. 16:1-8; Luk. 24:1-12) 1Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. 2Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe…
16 Aug 1PM 21 min

Sondagoggend Eredienste - Ds Zak Scholtz

FILEMON 1 Paulus pleit vir Onesimus 8Daarom, al het ek in Christus die volste reg om jou op jou plig te wys, 9doen ek liewer 'n beroep op jou op grond van die liefde. Dit doen ek, Paulus, wat 'n ou man is en nou ook 'n gevangene ter wille…
16 Aug 3AM 20 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

1 KORINTIËRS 4 4Daar is ook niks waaroor my gewete my aankla nie, maar dit beteken nog nie dat ek vrygespreek is nie. Dit is die Here wat my beoordeel. 5Daarom moet julle nie te vroeg, voordat die Here kom, 'n oordeel uitspreek nie. Hy sal ook die dinge wat…
15 Aug 2AM 23 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

2 KONINGS 5 Naäman word genees van melaatsheid 1Naäman, die hoof van die leër van die koning van Aram, was 'n gesiene man wat die agting van die koning geniet het. Deur hom het die Here 'n oorwinning aan Aram besorg. Die man was 'n dapper soldaat, maar hy het…
14 Aug 2AM 20 min