Episode 34 | ‘My eie ma het my nie herken nie … ’ - Johnny Davids

--:--
Toe Johnny Davids as jong man sy ma en ouma gaan op soek het op die Kaapse Vlakte na hy jare tevore as seuntjie van daar af weggeloop het, het sy ma hom nie herken nie.

“Dit het baie seer gemaak,” vertel dié Kwêla-programaanbieder, SuperSport-omroeper en gospelsanger wat vir die eerste keer oor sy moeilike grootwordjare saam met sy dowe arm ouma oopmaak in sy biografiese boek, Boytjie. Dié naam het hy gehaat skryf hy in sy boek, maar soos hy sing in sy nuwe Gospellied, Nuwe naam, hy leef met ’n nuwe naam sedert daardie middag wat hy glo die Heilige Gees hom aangepor het om weg te hardloop van hierdie hartseer lewe en hy gekies het om te luister.

Lees meer: https://lig.co.za/uittreksel-moekie-jy-het-my-weggegooi-maar-ek-vergewe-jou/?fbclid=IwY2xjawG6jN1leHRuA2FlbQIxMQABHU_J1EOZfQ59A2DzrabCxrIL8KTkOWiJOwRisWULtgNCuFLr2O56MER_2w_aem_ZgHUEOcY8a-NpMvVE1Clng
30 Nov 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 39 | Hoe praat ons oor slagofferskap?

Hoekom hoor ’n mens by soveel wit Afrikaanse mense dat hulle ’n gevoel van slagofferskap ervaar? En hoe praat ons hieroor? In ’n tyd wat vele komplekse gesprekke oor hierdie tema in ons land gevoer word, nooi Heléne Meissenheimer twee NG predikante in vir ’n gesprek in dié aflewering van…
7 Mar 41 min

Episode 38 | Polarisasie, Trump en openbare getuienis

Polarisasie oor onlangse wêreldgebeure en die openbare getuienis van die NG Kerk is van die onderwerpe wat hanteer word tydens hierdie onderhoudende paneelgesprek. Ds Jan Lubbe en nog twee gaste, die historikus dr Lindie Koorts en ds Anandie Greyling, voorsitter van ’n kerklike taakspan met die naam “Miga 6:8 –…
21 Feb 42 min

Episode 36 | ‘Ons is verslaaf aan besig wees’ - Ronell Bezuidenhout

Agt jaar terug het die skrywer dr Ronell Bezuidenhout die besige lewe van ’n stadspredikant agtergelaat. Met demissiestatus onder die arm het sy na haar ouers op Groot Brakrivier se strandhuis gekom vir wat sy gehoop het is ’n sabbatsjaar. Een met tyd vir skryf en skilder. Toe verloop dinge…
24 Jan 25 min