Tinubu vra beter ontwikkeling van jeug
--:--
Nigerië se president, Bola Tinubu, vra vinniger jeugontwikkeling in Afrika. Hy glo dit moet verder gaan as natuurlike hulpbronne, en moet geleenthede skep in verskeie sektore om die toekoms van Afrika te verseker deur die bemagtiging van sy jongmense. Tinubu het tydens die elfde bi-nasionale kommissie-gesprekke met Suid-Afrika gepraat. Hy sê die vasteland se vordering word bepaal deur jeugopvoeding om volhoubare ontwikkeling en vernuwing aan te moedig: