Só help Peyper vir Rassie in geveg om Bok-wapens te behou

--:--
In dié week se Rapport Praat Sport sluit Jaco Peyper – die Springbokke se reël-adviseur, oftewel blaser-breier – hom by ons aan en gesels oor alles van Jerry Flannery se Afrikaans tot sy eie rol aan Rassie Erasmus se sy. Tinus van Staden en Jóhann Thormählen praat ook oor hoe Wêreldrugby sewesliefhebbers beroof met ’n onsinnige nuwe formaat vir die toernooi in Kaapstad. Ons wonder ook hardop of SA Rugby se plan om ’n vennootskap met die Amerikaanse belegger Ackerley te sluit Vrydag gaan sneuwel. Laat gerus van jou hoor by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787.
4 Dec 2024 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Boishaai-breier: ‘Ons Bomb Squad gee deurslag in derby’

Met 10 minute se speeltyd oor was Boishaai Saterdag met 12 punte agter teen Paarl Gimnasium. Maar toe kom hulle met ’n reuse-terugvegpoging vorendag en wen met 35-33. Sean Erasmus, Boishaai se breier, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy span se spogsege te gesels. Hy sê hy…
6 Aug 32 min

Biduur en bier in Boland: Kavaliers-baas verklap CB-planne

By die Boland-Kavaliers kan jy nou ’n jaar se voorraad bier of hoender wen. Jy kan ook ’n geloofsdiens by wedstryde op Sondae bywoon. Dié week op Rapport Praat Sport sluit Quintin van Rooyen, die uitvoerende hoof van die Boland-Kavaliers, hom by ons aan om te gesels oor al dié…
30 Jul 34 min

Johan Ackermann: ‘Bulle se sukses maak dié pos ’n taai toffie’

Die vorige keer wat Johan Ackermann ’n groot Suid-Afrikaanse rugbyspan afgerig het, het hy ’n sukkelende Leeus-span terug op die wenpad gekry. Nou wag ’n ander tipe uitdaging op hom. Die Bulle het in drie van die vorige vier VRK-eindstryde gespeel, en het enorme spelersdiepte. Ackermann, wat verlede week as…
23 Jul 36 min

Die brein agter Rassie se middelveld-lynstane: PRG se DeWet Marais

DeWet Marais, tweedespan-afrigter van Paul Roos Gimnasium, kon sy oë nie glo toe hy Saterdag sien die Springbokke doen ’n beweging wat hy en sy mede-afrigter Erhardt Muth vroeër vanjaar vir skolerugby uitgedink het nie. DeWet, ’n voormalige SA Skole-afrigter, sluit hom dié week op Rapport Praat Sport aan en…
16 Jul 29 min

Franco Smith: ‘Dis ’n voorreg om in Bul-gesprek genoem te word’

Franco Smith sluit hom dié week op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy loopbaan, die sukses wat hy by die Glasgow Warriors behaal het, en die moontlikheid dat hy by Jake White kan oorneem as afrigter van die Bulle. “Ek is nog onder kontrak in Skotland, maar…
9 Jul 35 min