SA burgers in Mosambiek se veiligheid wek kommer

Loading player...
Die DA vra politieke bestendigheid en sekerheid vir Suid-Afrikaners in Mosambiek. Die party se nasionale woordvoerder, Willie Aucamp, is bekommerd oor toenemende geweld en menseregteskendings. Hy moedig die Mosambiekse regering aan om veiligheid te verseker en menseregte te beskerm. Aucamp sê die DA het dringende gesprekke aangevra met die minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, om Suid-Afrikaanse burgers se veiligheid te verseker.
28 Dec 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Mosambiek-onrus hou gevare vir SAOG in

Die voorsitter van die Pan-Afrika-Parlement se suidelike koukus, Duduzile Zuma-Sambudla, sê die onluste in Mosambiek hou aansienlike gevare in vir sy buurlande en die breër Suider-Afrikastreek. Woordvoerder Moshe Semenya sê politieke onbestendigheid ontwrig reis, handel en ekonomiese bedrywighede, ontwortel gemeenskappe en bedreig die vordering met streeks-integrasie. Hy sê die streek…
29 Dec 3AM 1 min

Tiener-swangerskappe moet aangespreek word: ANC-Vroueliga

Die ANC-Vroueliga vra alle sektore van die gemeenskap, insluitend tussen-regeringsdepartemente, die progressiewe studentebeweging, onderwysersverenigings en die privaat sektor, om dringend en gesamentlik aandag te gee aan tiener-swangerskappe. Woordvoerder Boitumelo Moiloa sê Suid-Afrikaners moet saamwerk om 'n omgewing te skep waar tienermeisies bemagtig word om keuses te maak wat hulle waardigheid,…
29 Dec 2AM 1 min

Napha besin oor 2025 te midde van uitdagings

Soos 2024 tot 'n einde kom, besin die Namibië Professionele Jagvereniging, Napha, oor 'n suksesvolle jaar en sien met optimisme uit na 2025. Tydens sy 50ste algemene jaarvergadering het die organisasie boeiende besprekings en aanbiedings gefasiliteer. Die uitvoerende komitee het kennis geneem van bekommernisse en aanbevelings, veral in die geslote…
29 Dec 1AM 1 min

Laaste Vasbyt was reuse-sukses

Die sesde en laaste been van die Weskus 4x4 Vasbyt is met groot sukses op Walvisbaai aangebied. Daar was 20 voertuie met drie spanne uit Suid-Afrika wat net vir die pret deelgeneem het, soos Francois Lottering verduidelik.
29 Dec 1AM 1 min

Maak so vir veiligheid naby of in water

Die Namibiese Polisiemag het 'n verdrinking in die Otjozondjupa-streek in die Kersfees misdaadverslag gerapporteer, asook twee verdrinkings in die Kavangorivier net voor Kersfees. Die 17-jarige Festus Lawrens de Bruin het op die middag van 26 Desember by die Otjiwa Lodge verdrink terwyl hy in 'n groot waterpoel geswem het. Kosmos…
28 Dec 3AM 1 min