Ses selfmoorde oor Kersfees, twee daagliks vanjaar

Loading player...
Tussen 24 en 29 Desember is ses selfmoorde aangemeld in die land. Selfmoord is 'n voortslepende probleem in Namibië en het epidemiese proporsies bereik. Teen Oktober vanjaar het die gesondheidsministerie 679 selfmoordgevalle aangemeld vir die jaar – net meer as twee gevalle daagliks. Van die was 559 mans en 91 vroue. Onder die 29 kinders wat selfmoord gepleeg het, was 18 seuns. Die bekende maatskaplike aktivis Zack Itodo sê geliefdes moet na vore tree.
30 Dec 2024 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Uiters, uiters goeie voorspelling vir reën - ook in Suide

Reën word vandag vir die noordelike dele sowel as Windhoek voorspel maar, die nuus raak beter... teen môre is die voorspelling uiters voordelig vir die dorre Suide. Die bekende Namibiese weerkenner George van der Merwe…
2 Jan 4AM 1 min

Massas leef steeds op die randjie - Numsa

Die metaalwerkersvakbond Numsa sê massas mense is steeds ekonomies gemarginaliseer, sonder grond en ly onder onteiening in na-apartheid Suid-Afrika. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vakbond se visie vir 2025 is uiters eenvoudig en ideologies duidelik. Sy sê hulle doen 'n beroep op almal om te glo in die…
2 Jan 3AM 1 min

Slange, die veld en jy...

’n Sewejarige meisie is onlangs dood nadat sy deur ’n swart mamba gepik is. Die meisie het saam met haar jonger sibbe in 'n mahangu-veld in die Oshikoto-streek naby 'n miershoop gespeel. Die meisie het 'n stok in 'n gat in die miershoop gesteek, waarna die mamba uitgekom het en…
2 Jan 3AM 1 min

Ramaphosa sê belangrikste is beskerming vir vroue en kinders

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika het die afgelope jaar aanhou fokus op die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord. Hy het in sy Nuwejaarsboodskap gesê die regering het die strafregstelsel se vermoëns versterk en die ondersteuning vir oorlewendes verbeter. Ramaphosa sê die belangrikste aspek is die beskerming van jong meisies en…
2 Jan 3AM 1 min