Jou besigheid kan nie 'n 'side hustle' wees nie

Loading player...
Namate lewenskostes die hoogte inskiet, ervaar 'n toenemende aantal Namibiërs finansiële druk, wat hulle aanspoor om bykomende inkomstestrome te ondersoek. Ekstra werk of sogenaamde "side hustles" het 'n reddingsboei geword in die uitdagende ekonomiese tye, aangesien 'n tradisionele 9-tot-5-werk vir baie mense nie meer genoeg is om stygende lewenskostes te dek nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Danny Meyer van SME Compete, wat nie dink dis 'n goeie idee om 'n besigheid so te begin nie.
2 Jan 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

So kan jy vloedgeteisterde gemeenskappe help

Verskeie gemeenskappe is die afgelope tyd ernstig deur kitsvloede benadeel. Die Development Workshop Namibia het 'n openbare beroep op skenkings geloods om die slagoffers by te staan. Belangstellendes kan enige bedrag in die organisasie se bankrekening inbetaal. Die bankbesonderhede is op hul Facebook- en Instagram-bladsye beskikbaar. Spanne is tans besig…
6 Jan 11AM 1 min

DA boos oor Tshwane tender-amptenare wat terugkeer

Die DA kritiseer die besluit om vyf Tshwane-amptenare, betrokke by 'n onreëlmatige tender vir die opgradering van die Rooiwal-afvalwatersuiweringsaanleg, toe te laat om terug te keer werk toe. 'n Forensiese verslag het dissiplinêre stappe aanbeveel, maar die amptenare het hul saak in die Arbeidshof gewen en moet later hierdie maand…
6 Jan 11AM 1 min

Hoë mieliemeelprys ‘eers in Mei gevoel’

Reaksie word ontvang op berigte dat daar kommer is oor die prys van mieliemeel as gevolg van die styging in die mielieprys in Suid-Afrika. In Julie 2024 was die prys 4 255 Suid-Afrikaanse rand per ton wat nou op 6 785 rand ‘n ton staan, ver bo die 100 dag…
6 Jan 10AM 1 min

SA se Lategan, Cummings loop voor in Dakar 2025

Motorsport: Die Suid-Afrikaanse tydrenkampioene, Henk Lategan en Brian Cummings, is nou die voorlopers in Dakar 2025. Die span van Made in SA Toyota Gazoo Hilux het ’n taktiese wedren voltooi om derde in die tweede skof van 48 uur te eindig agter die plaaslike held, Yazeed Al-Rajhi en Timo Gottschalk,…
6 Jan 10AM 1 min

MTC Marisbeker skop af op 25 Januarie

Windhoek General Administrators, WGA, 'n filiaal van MTC, het die MTC Marisbeker bekend gestel, 'n baanbrekende sokkertoernooi wat spog met die grootste prys in Namibiese geskiedenis. Die kompetisie bevat die 16 klubs van die komende Debmarine Premierliga-seisoen. Die spanne sal sake uitspook vir 'n rekord 1,5 miljoen Namibiese dollar-prys, wat…
6 Jan 9AM 1 min