Namcor sê oor belange in PEL 90

Loading player...
QatarEnergy het 'n belang van 27,5 persent in PEL 90 verkry, geassosieer met Blok 2813B, wat deur die Chevron filiaal Harmattan Energy Limited bedryf word. Ná die verkryging sal die lisensie-eienaars Chevron Harmattan wees met 'n belang van 52,5 persent, QatarEnergy met 27,5 persent, Namcor met 10 persent, en Trago Energy, 'n filiaal van Custos Energy, ook met 10 persent. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Paulo Coelho, die woordvoerder van Namcor.
4 Jan 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

GBV-voorvalle was effe minder in Khomas

Geslagsgeweld bly ‘n uitdaging veral oor die feestyd met drankgebruik. Die bekende aktivis Zack Itodo se groep was redelik stil oor die vakansie-tydperk wat belowend voorkom maar, kinders is steeds agter gelaat, is alleen en verlore gevind en daar was geweld. Itodo sê dit was stil in Khomas omdat inwoners…
6 Jan 3AM 1 min

MK eis dat Gemeenskapswerkprogram voortgaan

Die MK Party eis die onmiddellike herroeping van die regering se besluit om die Gemeenskapswerkprogram-kontrakte vir mense van 55 jaar en ouer te beëindig. Die party vra ook 'n verbintenis om die lewensbestaan van die deelnemers te beskerm. Visvin Reddy van die MK sê die program, wat tydens president Jacob…
6 Jan 3AM 1 min

Saftu sê Gemeenskapswerkprogram moet voortduur

Saftu doen 'n beroep op alle progressiewe magte om aan te sluit by die stryd teen die beëindiging van kontrakte vir werkers van 55-jaar en ouer wat deel is van die Gemeenskapswerkprogram. Saftu se woordvoerder, Mogoshadi Maserumule sê Suid-Afrikaners kan gesamentlik aandring op 'n regering wat mense bo winste stel…
6 Jan 2AM 1 min

Servikale kanker onder die loep in Januarie

Januarie is die bewusmakingsmaand vir servikale kanker. Servikale kanker is voorkombaar deur inenting en behandeling. Vroeë opsporing is die sleutel, maar dit bly 'n globale kwessie, veral in lae-inkomste gebiede. Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, doen 'n beroep op vroue om getoets te word, veral omdat…
6 Jan 2AM 1 min

En toe, per ongeluk, kry die SAPD die laaste Lusikisiki-verdagte

Die laaste verdagte wat verbind word met die massaskietery in Lusikisiki is in King Williams Town in die Oos-Kaap in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder Siphokazi Mawisa sê na deeglike ondersoek het die polisie ʼn bus, wat op pad was na Kaapstad, by King Williams Town se bus-depot deursoek. Hulle het die…
6 Jan 1AM 1 min