Meeste SA skole kom skooldrag-riglyne na

Loading player...
Die Mededingingskommissie sê hy is bly dat die meeste skole sy riglyne nakom. Dit volg nadat die kommissie sy verslag oor die uitkomste van ingrypings in skooldragverkryging, bekend gemaak het. Gesinne berei tans voor vir die 2025-skooljaar en Karabo-Motaung Mohlala van die kommissie sê stygende koste van skooldrag en skryfbehoeftes is steeds 'n aansienlike las. Sy het aan SABC News gesê skole moet hul verskaffers-databasis uitbrei om mededingende pryse aan te moedig.
8 Jan 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Mynwerkersvakbond reageer op werkgewer se reg op mediese verslae

Vakbonde het kommer oor ‘n besluit van die hooggeregshof dat werkgewers die reg het om meer inligting, sowel as mediese verslae kan aanvra tydens ‘n personeellid se siekverlof. Die hof meen werkgewers hoef nie net staat te maak op ‘n siekbrief nie, veral in verband met geestesgesondheid en verlengde siekverlof…
9 Jan 2AM 1 min

FlySafair ondersoek vir verbruikersregte

Die Nasionale Verbruikerskommissie het met 'n ondersoek na FlySafair begin ná bewerings van oorbespreking en oorverkope. Die kommissie hersien die FlySafair se voldoening aan die Wet op Verbruikersbeskerming en het inligting by die lugdiens aangevra om met die ondersoek te begin. Die hoof van klagtes en ondersoeke, Prudence Moilwa, sê…
9 Jan 2AM 1 min

Trump sê LA se water is herlei vir ‘n vis

Die brande in Los Angeles oorheers op die oomblik die internasionale nuustoneel. Dit is die ergste brande in 100 jaar wat die stad ervaar en die skade word op miljarde dollar beraam. Intussen het Donald Trump die Kalifornië goewerneur Gavin Newsom en president Joe Biden daarvoor blameer.
9 Jan 1AM 1 min

Tucna sal nie ammoniakvergiftiging ‘daar los’ nie

Verskeie werkers by die Merlus Cormorant-fabriek in Walvisbaai het siek geword nadat hulle ammoniakgas ingeasem het en simptome soos floutes en braking ervaar het. Daar was aanvanklik vermoed dat daar 'n lekkasie by die fabriek was, maar die bestuur het dit duidelik gemaak dat die gas afkomstig was van 'n…
9 Jan 1AM 1 min