ActionSA vra Gcaleka om Mashatile-Liebenberg-skakel te ondersoek
Loading player...
ActionSA het die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, versoek om adjunkpresident Paul Mashatile te ondersoek oor 'n geskenkte diamant van die bedrogbeskuldigde, Louis Liebenberg. Liebenberg staan tereg op meer as 40 aanklagte en het die diamant onder verdagte omstandighede geskenk. ActionSA-woordvoerder Athol Trollip sê die party bevraagteken Mashatile se etiese nakoming en verbintenisse met Liebenberg en eis deursigtigheid om korrupsie te bekamp.