Amushelelo hou weer optog op 21 Maart

Loading player...
Michael Amushelelo, die politieke aktivis en lid van die Namibia Economic Freedom Fighters, het aangekondig dat hy beplan om weer 'n jeugwerkloosheidsoptog op 21 Maart tydens onafhanklikheidsvieringe aan te bied. Verkose president Netumbo Nandi-Ndaitwah sal ook op daardie datum as president ingehuldig word. In 2023 het die betoging daartoe gelei dat hy saam met die nou Swapo-politikus, Dimbulukeni Nauyoma, in hegtenis geneem is en maande lank aangehou is. Kosmos 94.1 Nuus het met Amushelelo gesels, wat volhou dat die feesvieringe 'n vermorsing van staatsgeld is.
8 Jan 10PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Henk Botha verwag ateletiek-hoogtepunte vanjaar

Hierdie jaar skop af met 'n opwindende atletiekseisoen wat voorlê. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende atletiekafrigter Henk Botha gesels, wat sy entoesiasme vir die komende seisoen uitgespreek het. Botha is tans besig by die Quinton Steele Botes Atletiek Afrigting en Opleidingskliniek, en het sy optimisme gedeel oor plaaslike…
9 Jan 9AM 1 min

Nangula Mbako-stigting onderstreep belang van vloed-hulpverlening

Die Nangula Mbako-stigting is aktief betrokke by bystand verlening aan die slagoffers van onlangse oorstromings in Windhoek, wat aansienlike skade en verlies van besittings tot gevolg gehad het. Dit verskaf kospakkies, komberse en noodsaaklike voorrade aan mense wat alles verloor het. Die stigting moedig die publiek aan om skenkings te…
9 Jan 9AM 1 min

LPM skiet volksmoord gesamentlike verklaring af

'n Gesamentlike verklaring deur Namibië en Duitsland oor vergoeding vir die Nama- en Ovaherero-volksmoord is byna gefinaliseer, en daar word beplan om dit voor einde Maart vanjaar te onderteken. Die geraakte groepe is egter ontevrede omdat hulle nie deel was van die onderhandelinge nie. Reaksie is ontvang van die Landless…
9 Jan 9AM 1 min

Die trekkers loop by Hardap!

Die maatskaplike voordeel van die hervatting van besproeiing vir die gebied is baie groot. De Klerk brei uit oor hul dankbaarheid.
9 Jan 9AM 1 min

Die trekkers loop by Hardap!

Dawie de Klerk, die voorsitter van die Hardap Boerevereniging, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat besproeiing by die groenskema teen einde volgende week hervat sal word, met 'n 20 persent besparing. Produsente sal dus 80 persent van hul normale watergebruik ontvang, sodra die papierwerk en voorbereiding van die stelsel…
9 Jan 9AM 1 min