Murray opgewonde om Djokovic af te rig

Loading player...
Die driemalige Grand Slam-kampioen, Andy Murray, sê hy kon nie die unieke geleentheid laat verbygaan om sy jare lange teenstander, Novak Djokovic, af te rig nie. Hulle het in November aangekondig hulle gaan saamwerk; met die ooreenkoms wat slegs geldig is tot ná die Australiese Ope wat Djokovic vir ʼn elfde keer gaan probeer wen. Murray, wat in Augustus verlede jaar sy raket as beroepspeler gebêre het, sê om saam met die Serwiër te werk, is presies wat hy verwag het:
10 Jan 1AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Durban Super Giants soek vanjaar SA20-titel

Krieket: Die Durban Super Giants hoop om vanjaar een stap beter te doen wanneer hulle SA20-veldtog vandag teen die Pretoria Capitals op die Kingsmead-stadion in Durban begin. Hulle het verlede jaar se eindstryd met 89 lopies teen die Sunrisers Eastern Cape verloor. Kaptein Keshav Maharaj sê hulle het nog ʼn…
10 Jan 8AM 1 min

Elektriese voertuie 'perfek vir Namibiese dorpe'

Duitsland het verlede jaar 'n daling van 27,4 persent in verkope van battery-aangedrewe motors aangeteken. Dit word toegeskryf aan die beëindiging van staatsubsidies, hoë pryse, swak laai-infrastruktuur en beperkte reikafstand. Plaaslik is verkope van elektriese voertuie ook traag en daar is tans net 45 elektriese voertuie in Namibië, teenoor die…
10 Jan 8AM 1 min

30 naakte mensehandel-slagoffers soek na hulle ontsnap

Die Valke het drie verdagtes in hegtenis geneem wat glo met 'n mensehandelsindikaat verbind word. Dit volg na die polisie 15 ongedokumenteerde Ethiopiese burgers gered het wat teen hulle wil in 'n huis in Lombardy-Oos in Johannesburg aangehou is. Elf is in die hospitaal opgeneem terwyl 30, wat glo naak…
10 Jan 7AM 1 min

Dordabis as deel van Rehoboth beloof voordele

Die woordvoerder van die Rehoboth-dorpsraad, Desiree Pieters, het onlangs met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die uitbreiding van Rehoboth se munisipale grense om Dordabis in te sluit, wat as 'n belangrike mylpaal vir die dorp en die Hardap-streek beskou word. Pieters het die potensiële voordele uitgelig, insluitend verhoogde ekonomiese ontwikkeling,…
10 Jan 7AM 1 min

Varswaterspesies, 23 500 van hulle, is uiters kwesbaar

'n Onlangse referaat in die tydskrif, Nature, toon bykans 25 persent van die 23 500 varswaterspesies loop gevaar om uit te sterf, en word geklassifiseer as kwesbaar, bedreig of krities bedreig. Die medevoorsitter van die Varswaterbewaringskomitee, Ian Harrison, skryf dit toe aan ondermeer besoedeling en klimaatsverandering. Harrison beklemtoon varswater-ekosisteme is…
10 Jan 5AM 1 min