SA Christelike Forum takel Padongelukkefonds

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum doen regstappe teen die Padongelukkefonds oor onbetaalde fakture. Volgens die forum sukkel 'n gestremde sakevrou, met meer as 15 mense in haar diens, reeds langer as 'n jaar met vertraagde betalings, wat salarisse, materiaal en projekte beïnvloed. Die forum se president, Marothi Mashashane wil geregtigheid hê vir die sakevrou en ander wat geraak word deur die Fonds se wanbetaling.
10 Jan 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Ohangwena goewerneur spreek weidingkwessies in Angola aan

Ohangwena goewerneur Sebastian Ndeitunga het onlangs met lede van die streek se Oshimholo-boerevereniging vergader om die uitdagings aan te spreek van Namibiese beesboere wat se vee in Angola wei. Dit sluit in oorbeweiding wat veroorsaak word deur die groot toestroming van Namibiese beeste na die buurland. 'n Sleutel-bekommernis is die…
10 Jan 11AM 1 min

Getuies gesoek van rassisme op FlySafair-vlug

Die Wes-Kaapse Menseregtekommissie het getuies versoek om na vore te kom terwyl daar ondersoek ingestel word na beweerde rassisme op 'n FlySafair-vlug van Kaapstad na Durban. 'n Passasier het na bewering rasse-uitlatings teenoor 'n vlugkelner gemaak. Tshepi Madlingozi van die kommissie het aan die SABC bevestig drie klagtes is ontvang…
10 Jan 11AM 1 min

Informele sektor dra 24% van BBP by, maar het hulp nodig

Die Afrika-ontwikkelingsbank beklemtoon die beduidende bydrae van Namibië se informele sektor tot die land se ekonomie, wat 24 persent van die BBP bydra. Ten spyte daarvan dat dit die grootste werkgewer is, werk die sektor buite formele stelsels, wat uitdagings bied om struktureel te transformeer. Die bank neem kennis van…
10 Jan 10AM 1 min

Ten spyte van reën, speel voerpryse nie saam nie

Alhoewel die nuwe jaar op 'n hoë noot begin het met reën, is nie al die nuus goeie nuus vir boere nie. Voerpryse sal in die eerste kwartaal van die jaar nog hoog bly. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jaco Labuschagne, die uitvoerende hoof van Voermeester, wat verduidelik.
10 Jan 9AM 1 min

Eerste HopHydro-beker Namibië sokkertoernooi op pad

HopHydro Energy, in samewerking met die Collin Benjamin Sokkerakademie, gaan van 17 tot 19 Januarie die eerste HopHydro-beker Namibië aanbied. Die internasionale onder-18 sokkertoernooi sal by die CBS Arena, by Jan Mohr Hoërskool se sokkerveld, in Windhoek plaasvind. Die toernooi sal junior spanne van Suid-Afrika se Mamelodi Sundowns, Duitsland se…
10 Jan 9AM 1 min