Walvisbaai gaan verpligte taxi-nommerstelsel instel

Loading player...
Die Walvisbaai-munisipaliteit het die implementering van 'n verpligte taxi-nommerstelsel aangekondig om openbare veiligheid en wetstoepassing te verbeter, en beter regulering van vervoerdienste in die munisipale gebied te verseker. Taxi-eienaars moet by die munisipaliteit se verkeerskantoor vir die nommerstelsel registreer. Registrasies sal slegs op Donderdae tussen 8-uur en 12-uur en in die middag van 2-uur tot 4-uur verwerk word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Anita Kaihiva, die Walvisbaai-munisipaliteit se woordvoerder.
14 Jan 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Groot uitdagings in Khomas meer leerder plasings

Windhoek-skole sukkel reeds. Ongeveer 300 graad 1’s wag nog vir plasing met 178 pre-primêre leerders en 1 788 graad 8’s wat ook nie plek het nie. Die onderwysdirekteur vir die Khomas-streek Paulus Nghikembua sê daar is uitdagings maar leerders sal in die week geplaas word. Vals plasingsbriewe is ook ‘n…
15 Jan 3AM 1 min

Sterk winde, lae humiditeit vererger LA-brande

Owerhede in Los Angeles het reuse-uitdagings met storm sterk winde wat die brande aandryf. Tot dusver is 25 mense dood en 13 word vermis. Die Palisades-brand het 10 000 hektaar verwoes en is 18 persent onder beheer. Die Eaton brand is 35 persent onder beheer en het tot dusver 6…
15 Jan 3AM 1 min

Alle studente kan nou aansoek doen vir Nsfaf-beurs

Die Namibiese Studente Hulpfonds, Nsfaf, het die aansoekproses vir 2025 Dinsdag van stapel gestuur. Die fonds het 3 miljard Namibiese dollar opsy gesit vir alle studente om aansoek te doen vir lenings. Die fonds doen weg met sy pro-arm benadering. Aansoeke sal op 31 Maart sluit en die fonds het…
15 Jan 2AM 1 min

Julius sê EFF se swak vertoning is MK se skuld

Die EFF-leier Julius Malema sê die stigting van oudpresident Jacob Zuma se MK-party moet die skuld kry vir die EFF se swak vertoning in verlede jaar se algemene verkiesing. Die party se nasionale steun het afgeneem van 10,5-persent in 2019 tot 9,5-persent in die Mei-verkiesing. Die MK-party het die EFF…
15 Jan 1AM 1 min