Klaar met skool? Dis nie maanskyn en rose nie...

Loading player...
Die land se meer as 40 000 gewone vlak en amper 10 000 gevorderde vlak leerders het hulle uitslae gekry, en daar was 'n geringe verbetering in die slaagsyfer en die aantal wat kan gaan studeer. Dit beteken egter nie hul toekoms is nou verseker nie, om 'n verskeidenheid redes wat plaaslik van toepassing is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die arbeidskenner Herbert Jauch, wat sê die leerders het baie struikelblokke om te oorkom
14 Jan 11PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Groot uitdagings in Khomas meer leerder plasings

Windhoek-skole sukkel reeds. Ongeveer 300 graad 1’s wag nog vir plasing met 178 pre-primêre leerders en 1 788 graad 8’s wat ook nie plek het nie. Die onderwysdirekteur vir die Khomas-streek Paulus Nghikembua sê daar is uitdagings maar leerders sal in die week geplaas word. Vals plasingsbriewe is ook ‘n…
15 Jan 3AM 1 min

Sterk winde, lae humiditeit vererger LA-brande

Owerhede in Los Angeles het reuse-uitdagings met storm sterk winde wat die brande aandryf. Tot dusver is 25 mense dood en 13 word vermis. Die Palisades-brand het 10 000 hektaar verwoes en is 18 persent onder beheer. Die Eaton brand is 35 persent onder beheer en het tot dusver 6…
15 Jan 3AM 1 min

Alle studente kan nou aansoek doen vir Nsfaf-beurs

Die Namibiese Studente Hulpfonds, Nsfaf, het die aansoekproses vir 2025 Dinsdag van stapel gestuur. Die fonds het 3 miljard Namibiese dollar opsy gesit vir alle studente om aansoek te doen vir lenings. Die fonds doen weg met sy pro-arm benadering. Aansoeke sal op 31 Maart sluit en die fonds het…
15 Jan 2AM 1 min

Julius sê EFF se swak vertoning is MK se skuld

Die EFF-leier Julius Malema sê die stigting van oudpresident Jacob Zuma se MK-party moet die skuld kry vir die EFF se swak vertoning in verlede jaar se algemene verkiesing. Die party se nasionale steun het afgeneem van 10,5-persent in 2019 tot 9,5-persent in die Mei-verkiesing. Die MK-party het die EFF…
15 Jan 1AM 1 min