Oorweeg jy tuisonderrig? So werk dit
Loading player...
Die onderwysministerie se direkteur vir programme, Ayesha Wentworth, sê hoewel tuisonderrig wettig is in Namibië, vereis dit streng nakoming van die partye van die Wet op Basiese Onderwys van 2020. Die wet verplig ouers om by die ministerie aansoek te doen vir tuisskoolregistrasie en goedkeuring te kry. Volgens Wentworth moet daar aan sekere standaarde voldoen word en ander faktore moet oorweeg word voordat goedkeuring gegee word. Kosmos 94.1 Nuus het met Wentworth gepraat, wat meer inligting gee.