KOFFIEDATE MET PHILLIPINE - Van Gebrokenheid na Genesing: Berenice Adams se Reis van Trauma na Hoop

--:--
(2 Korinthiërs 4v7-9) is die tema van #Koffidate☕ op Woensdag 15 Januarie. Berenice Adams verloor eers haar man en daarna haar seun, nadat hy as breindood verklaar was en sy die moeilike besluit moes neem om toestemming te moes gee vir die masjiene om afgesit te word. Nadat sy baie trauma beleef het, het sy 'n baie dieper verhouding met Jesus ontwikkel en het ook daarna weer iemand ontmoet en is baie gelukkig getroud. Haar passie is om uit te reik na gebroke moeders, weduwees asook vroue wie aan dwelms verslaaf is. Sy haarself was ook 'n "GEBREEKTE KLEIPOT", maar waarvan sy die inhoud kan gebruik om ander vroue te bemoedig!
15 Jan Afrikaans South Africa Christianity

Other recent episodes

KOFFIEDATE MET PHILLIPINE - Kom Jesus, Kom, ’n Seisoen van Hoop en Roeping

’n Warm, vrolike episode vol lag, bemoediging en geestelike insig. Lady P gesels met Past. Stan Terketti oor roeping, gehoorsaamheid en God se getrouheid. Luisteraars van regoor die Wes-Kaap deel hul groetjies, en die lied “Kom Jesus, Kom” bring hoop en inspirasie op hierdie koue wintersdag.
11 Jun 1 hr 51 min

KOFFIEDATE MET PHILLIPINE - Wanneer seisoene en tye verander

In hierdie diepgaande en hartroerende episode van Koffiedate delf Phillippine Morkel in die tema uit Prediker 3:1–2: “Daar is ’n tyd vir alles onder die son.” Sy bespreek die verskillende lewensseisoene — van teleurstelling en verlies tot opoffering, stilte en hoop. Luisteraars word herinner dat hoewel tye verander, God nooit…
4 Jun 2 hr 05 min

KOFFIEDATE MET PHILLIPINE - Ek is tot alles in staat

In hierdie opbouende episode van Koffiedate bring Phillippine Morkel ’n boodskap van hoop en bemoediging gebaseer op Filippense 4:13 – “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” Sy gesels oor die daaglikse uitdagings van die lewe, geloofslewens wat versterk moet word, en hoe ons saam…
18 Jun 1 hr 56 min

KOFFIEDATE MET PHILLIPINE - Deur Sy Genade

In hierdie diep roerende episode van Koffiedate, gesels Phillipine Morkel met Natalie Otto – profeet, skrywer en inspirerende vrou van geloof. Natalie deel haar ongelooflike lewensreis van kinderdae in ’n bendegeteisterde woonbuurt, tot die hartseer verlies van haar ma op die ouderdom van 14, en hoe haar biddende ma ’n…
28 May 1 hr 23 min

KOFFIEDATE MET PHILLIPINE - Nicole & Colleen se Getuienis van Geloof en Genade

’n Spesiale episode waar moeder en dogter, Nicole en Colleen, hul roerende reis van oorlewing en God se troue voorsiening deel. Hulle vertel ook van hul pad as lofprysers, en Nicole bring ’n kragtige bemoediging aan moeders met die tema "Die Deugsaam Vrou" uit Spreuke 31:10. ’n Hartroerende en geloofsversterkende…
21 May 1 hr 23 min