Net nog enetjie | Trump trek terug Withuis toe | Ep. 27

--:--
Donald Trump is terug en gereed om te regeer. In dié aflewering van Net nog enetjie bespreek ons hoe die volgende vier jaar onder Trump 2.0 gaan lyk. Trump het ʼn besige eerste dag op kantoor gehad, en die res van sy termyn gaan waarskynlik nóg bedrywighede inhou.

Terwyl Trump besig was om sy skoene vir die Withuis te poets, was ʼn ander president besig om sy regering te toets. In die doodsnikke van 2024 het president Ramaphosa die volle Bela-wet gepromulgeer.
22 Jan Afrikaans South Africa News Commentary · News

Other recent episodes

Net nog enetjie | Ramp vs. Trump in die Withuis | Ep. 40

In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen oor die Trump vs. Ramp wat Woensdagaand in die Withuis afgespeel het. Ons het maande lank in afwagting gesit en wag om te sien of die Suid-Afrikaanse regering ook ʼn afvaardiging na die…
22 May 34 min

Net nog enetjie | Sê politieke partye RNE of RN-nee? | Ep. 38

In hierdie week se aflewering van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor die ANC se “wil jy of wil jy nie”-dans met die RNE-vennote. Tans lyk dit asof die ANC wag vir die DA om te loop, en die DA wag vir die ANC…
10 Apr 34 min

Net nog enetjie | Die begin van die RNE se einde | Ep. 37

In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen oor of die RNE uiteindelik sy (regering van nasionale) einde bereik het? Tans lyk dit asof Ramaphosa sy houtwerkvaardighede gaan moet opskerp, omdat hy binnekort dalk aan ʼn nuwe kabinet gaan moet timmer.
3 Apr 46 min