KOPSKUIF - Ontdek die Belangrikheid van Hartop Lees: Wêreld Hardop Leesdag 2025

--:--
Wêreld-hardopleesdag word jaarliks op die eerste Woensdag in Februarie gevier. Die ATKV wil graag kinders, ouers en onderwysers aanspoor om hardop te lees, want om te lees is een van die belangrikste fondamente van ’n suksesvolle skool- en universiteitsloopbaan. Lees lê as't ware die grondslag van alle leer. Op Saterdag 8 Februarie gesels Celia Albasini van SmartBrain op Kopskuif oor die belangrikheid van hardop lees. Skakel gerus in en luister ook hoe Lelanie Roode, bekende skrywer, uit haar boek, Olifant op ’n sweefstok, voorlees. Bekroonde skrywer, Zuleka Smit, lees ook voor uit Ben en die boelies
8 Feb Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

KOPSKUIF - Dr. Jo-Marie Bothma: Emosies, Regulering en Veerkragtigheid by Kinders

In hierdie insiggewende episode van Kopskuif gesels kliniese sielkundige en spelterapeut, dr. Jo-Marie Bothma, oor die belangrike rol van emosies in ons lewens. Sy deel praktiese insigte oor emosionele regulering, hoe om kinders te help om emosioneel veerkragtig te wees, en hoe om hoop te behou te midde van negatiewe…
17 May 36 min

KOPSKUIF – Afrikaans 100: ’n Taal om te vier!

Afrikaans vier 100 jaar as amptelike taal! 🇿🇦✨ Op Kopskuif gesels Giep van Zyl, nasionale koördineerder van Afrikaans 100, oor die geskiedenis, groei en viering van dié dinamiese taal—én hoe jy deel kan wees van die feesvieringe, projekte en kompetisies. Luister ook na Elias P. Nel se unieke verwerking van…
10 May 23 min