
Ep. 20 - Kerkbode Kollig word een jaar oud
--:--
Kerkbode se podcast, Kollig, word op 19 Februarie ’n jaar oud. ’n Jaar gelede het die Kaapkerk-span saam met Kerkbode begin om ons kommunikasie-mediums uit te brei met ’n podcast. Dit was ’n jaar waarin baie lesse geleer is, ondervinding opgedoen is, en aangrypende stories gedeel is. Ek het met Heléne Meissenheimer en Le Roux Schoeman gesels oor die pad van die afgelope jaar. Heléne is ’n joernalis by Kerkbode en aanbieder van Kollig. Le Roux is die redakteur van Kerkbode. Ons gesels oor hoekom hulle met ’n podcast begin het, wat die impak daarvan is, en ook hoe dinge agter die skerms lyk.
Deel jou stories: https://kerkbode.christians.co.za/kontak-ons/
Volledige onderhoud - prof Pieter Carstens: https://iono.fm/e/1420421
Deel jou stories: https://kerkbode.christians.co.za/kontak-ons/
Volledige onderhoud - prof Pieter Carstens: https://iono.fm/e/1420421