Kunste, Wetgewing en Outeursreg: Lizz Meiring Deel Haar Insigte

Loading player...
In hierdie episode van KLETS sit ons om die tafel met die veelbekroonde aktrise en teatervervaardiger Lizz Meiring. Met ’n loopbaan wat dekades strek en ’n bynaam soos “Bizzie Lizzie”, is sy die perfekte persoon om lig te werp op die huidige stand van die uitvoerende kunste in Suid-Afrika.

Ons KLETS oor die geveg tussen die Suid-Afrikaanse Gilde vir Akteurs (SAGA) en die staat oor die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg en die Wysigingswetsontwerp op die Beskerming van Uitvoerende Kunstenaars.

Hierdie wetsontwerpe, wat in Februarie 2024 deur beide huise van die Nasionale Vergadering goedgekeur is, het ten doel om die Outeursregwet van 1978 op te dateer en uitvoerende kunstenaars se morele en ekonomiese regte te beskerm. Lizz, as ’n aktiewe lid van die bedryf, deel haar persoonlike ervarings en perspektiewe oor hoe hierdie wetgewing kunstenaars se lewens kan beïnvloed. Sy beklemtoon die noodsaaklikheid van behoorlike vergoeding en erkenning vir kunstenaars se werk en hoe ’n positiewe hofuitspraak die bedryf kan transformeer.

Verder bespreek ons die rol van die Teater Bystandsfonds (TBF), ’n welsynsorganisasie wat daarop gemik is om individue in die uitvoerende kunste te ondersteun. Die TBF, wat as ’n Openbare Voordeelorganisasie geregistreer is, bied hulp aan professionele persone in die teater-, film-, radio- en televisiebedrywe. Lizz lig die belangrike werk uit wat die fonds doen om kunstenaars by te staan in tye van nood.

Laastens vertel Lizz meer oor haar jongste vertoning, “Afrikaans 100”, wat op 9 Maart by die Kleine Skuur Teater in Pretoria tesiene sal wees. Sy gee ook ’n voorsmakie van haar opwindende projekte vir 2025—want “Bizzie Lizzie” bly nooit stilsit nie!

Van regsgevegte en kunsbystand tot nuwe produksies en die toekoms van ons industrie—hierdie episode is vir almal wat lief is vir die uitvoerende kunste en die mense wat dit moontlik maak.

Luister nou en kry ’n binnekamerblik agter die skerms van die uitvoerende kunste!

Wil jy weet hoe om die Teater Bystandsfonds te help? Besoek https://tbfza.co.za/home.html.

Lizz Meiring se nuutste vertoning, Afrikaans 100, is op Sondag, 9 Maart 2025, by die Kleine Skuur Teater te sien. Die vertoning begin om 13:00 (deure open om 12:00) en kaartjies kos R150. Besprekings kan via WhatsApp gedoen word by 062 706 6522.
25 Feb Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump blink, DSTV sink en Afrikaanse boeke skitter

In hierdie week se KLETS "beklets" ons alles van wêreldpolitiek, plaaslike “affairs”, kultuur, wyn, inkopies, en natuurlik ’n paar Suid-Afrikaanse oorwinnings. Trump het op 1 Desember 2025 die G20 oorgeneem in tipiese Trump-styl, met 'n gebalde vuis en selfversekerd, met sy belofte dat “The Best is Yet to Come”. Ons…
3 Dec 59 min

Die G20, Wynroem en DA Uber Eats Gate

In hierdie week se “KLETS” word wêreldpolitiek, plaaslike drama en ’n tikkie Uber Eats op die tafel gesit, "dis koue kos, skat!" Ons begin by Gauteng se G20-lockdown, die konferensie wat Suid-Afrika trots as ’n reuse sukses verklaar het. Want niks sê “internasionale sukses” so goed soos om jou grootste…
26 Nov 53 min

Wie is Ons Nou? ’n Gesprek oor Identiteit en Verantwoordelikheid

In hierdie kragtige en eerlike KLETS-episode grawe ons diep in die veelvlakkige vraagstuk van Afrikaanse identiteit en wat dit vandag beteken om ’n Afrikaner in Suid-Afrika te wees. Ons begin by die omstrede “Nie in ons naam” brief, wat ’n hele veldbrand aan gesprekke in en buite die Afrikaanse gemeenskap…
18 Nov 57 min

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min