Ep. 21 - Om gemeente te wees: Francois en Enel Lambrechts van Knysna Kerk
--:--
Op ons storietoer deur die Suid-Kaap het ons in Knysna gaan kuier by Francois en Enel Lambrechts, ‘n leraarspaar wat passievol betrokke is by hul gemeente en gemeenskap. Wat aanvanklik net ‘n video oor hul kankerbediening sou wees, het vinnig uitgebrei na nog iets - ‘n eerlike refleksie oor diversiteit, gemeenskapsontwikkeling en die uitdagings én voorregte van dominee-wees.
Kyk die video oor hul kankerbediening hier: https://youtu.be/KwoXrrvjgg0
In hierdie episode deel hulle die "good and the bad (uitdagings)" van ‘n gemeente wat aktief streef na diversiteit. Hulle gesels oor hoe verhoudings eerder as vinnige oplossings die sleutel is tot ware gemeenskapsontwikkeling en hoe hulle roeping as leraars nie is om alles self te doen nie, maar om ander toe te rus om ook hulle gawes uit te leef.
Ons praat oor die spanningslyn tussen kerk-wees en ‘n NGO-wees, oor hoe ‘n geloofsgemeenskap mense moet help om werklik deel te word van ‘n gemeente, en nie net ‘n plek bied waar nood verlig word nie. Ons raak ook aan die unieke dinamika van ‘n man-en-vrou-span in dieselfde gemeente, en hoe hulle die balans probeer hou tussen bediening en gesinslewe.