Donderdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

Loading player...
MARKUS 12
Gelykenis van die landbouers.
(Mt. 21:33-46 en ooreenk. pl.)
1TOE begin Hy deur gelykenisse vir hulle te sê: 'n Man het 'n wingerd geplant en 'n heining daarom gesit en 'n parskuip gegrawe en 'n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan.
2En op die regte tyd het hy 'n dienskneg na die landbouers gestuur om van die landbouers uit die vrug van die wingerd te ontvang;
3maar hulle het hom geneem en geslaan en hom met leë hande weggestuur.
4En weer het hy 'n ander dienskneg na hulle gestuur; en hom het hulle gestenig en aan die hoof gewond, hom skandelik behandel en teruggestuur.
5En weer het hy 'n ander een gestuur, en hom het hulle doodgemaak; ook baie ander — sommige het hulle geslaan en ander doodgemaak.
6 Mar 2025 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

1 TESSALONISENSE 5 23Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! 2 KORINTIËRS 4 'n Skat in kleipotte 7Ons wat hierdie skat in…
17 Aug 2AM 11 min

Sondagaand Eredienste - Ds Zak Scholtz

JOHANNES 20 Die leë graf (Matt. 28:1-8; Mark. 16:1-8; Luk. 24:1-12) 1Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. 2Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe…
16 Aug 1PM 21 min

Sondagoggend Eredienste - Ds Zak Scholtz

FILEMON 1 Paulus pleit vir Onesimus 8Daarom, al het ek in Christus die volste reg om jou op jou plig te wys, 9doen ek liewer 'n beroep op jou op grond van die liefde. Dit doen ek, Paulus, wat 'n ou man is en nou ook 'n gevangene ter wille…
16 Aug 3AM 20 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

1 KORINTIËRS 4 4Daar is ook niks waaroor my gewete my aankla nie, maar dit beteken nog nie dat ek vrygespreek is nie. Dit is die Here wat my beoordeel. 5Daarom moet julle nie te vroeg, voordat die Here kom, 'n oordeel uitspreek nie. Hy sal ook die dinge wat…
15 Aug 2AM 23 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

2 KONINGS 5 Naäman word genees van melaatsheid 1Naäman, die hoof van die leër van die koning van Aram, was 'n gesiene man wat die agting van die koning geniet het. Deur hom het die Here 'n oorwinning aan Aram besorg. Die man was 'n dapper soldaat, maar hy het…
14 Aug 2AM 20 min