Episode 39 | Hoe praat ons oor slagofferskap?

--:--
Hoekom hoor ’n mens by soveel wit Afrikaanse mense dat hulle ’n gevoel van slagofferskap ervaar? En hoe praat ons hieroor?

In ’n tyd wat vele komplekse gesprekke oor hierdie tema in ons land gevoer word, nooi Heléne Meissenheimer twee NG predikante in vir ’n gesprek in dié aflewering van Kerkbode se podsending, Kollig.

Die skrywer en predikant Schalk van Heerden van Fontainebleau Gemeenskapskerk is medestigter en voorsitter van die liefdadigheidsorganisasie Betereinders. Hulle is bekend vir projekte wat poog om inklusief mense vanuit verskillende kulture bymekaar uit te bring – soos die onlangse braai in Februarie waar hulle die ‘Not USA but you, SA’-veldtog bekend gestel het.

Ivor Swartz is predikant by die Oosterlig-gemeente in Pretoria en is die bekroonde skrywer van boeke soos Die verlore seun vannie Gaatjie en Nogtans geloof.

Luister gerus saam na hierdie gesprek wat draai by rugbykwotas, Afrikaners se pioniersgees en Bloedrivier, asook ’n Katolieke teologiese term “ordo amoris”, wat beteken ‘rangorde van liefde’ aan die hand waarvan gevra word wat die Bybel sê oor wie jy moet liefhê.

Volg gerus die skakel om die video op YouTube te kyk:
https://youtu.be/SkQiaNpdP0w
7 Mar Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 38 | Polarisasie, Trump en openbare getuienis

Polarisasie oor onlangse wêreldgebeure en die openbare getuienis van die NG Kerk is van die onderwerpe wat hanteer word tydens hierdie onderhoudende paneelgesprek. Ds Jan Lubbe en nog twee gaste, die historikus dr Lindie Koorts en ds Anandie Greyling, voorsitter van ’n kerklike taakspan met die naam “Miga 6:8 –…
21 Feb 42 min

Episode 36 | ‘Ons is verslaaf aan besig wees’ - Ronell Bezuidenhout

Agt jaar terug het die skrywer dr Ronell Bezuidenhout die besige lewe van ’n stadspredikant agtergelaat. Met demissiestatus onder die arm het sy na haar ouers op Groot Brakrivier se strandhuis gekom vir wat sy gehoop het is ’n sabbatsjaar. Een met tyd vir skryf en skilder. Toe verloop dinge…
24 Jan 25 min

Episode 34 | ‘My eie ma het my nie herken nie … ’ - Johnny Davids

Toe Johnny Davids as jong man sy ma en ouma gaan op soek het op die Kaapse Vlakte na hy jare tevore as seuntjie van daar af weggeloop het, het sy ma hom nie herken nie. “Dit het baie seer gemaak,” vertel dié Kwêla-programaanbieder, SuperSport-omroeper en gospelsanger wat vir die…
30 Nov 2024 13 min