Wiele2Wiele skop stof op met nuwe Duster

--:--
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele is daar ‘n uitdaging: Wees kop- en lyffiks vir die uitmergelende Fortuner Challenge! Die beloning: ’n nuwe Toyota Fortuner GR-Sport!

Die langverwagte, splinternuwe Renault Duster is ook hier en laat die koppe behoorlik draai.

Daar is raad van get\Worth oor die faktore wat jou motor se waarde bepaal en hulle gesels met Martin Camp, wat sy visier stel op die 2026 Dakar-ren op ’n Kove-motorfiets.
20 Mar Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele ry nuwe hibriede Jaecoo J7

In hierdie week se episode gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Honda Amaze en ervaar die Jaecoo J7 SHS voor sy amptelike bekendstelling. Hulle deel hul eie Kritzinger get\Worth-storie en staan breëbors trots oor ronde drie van die 2025 Wêreld-veldtydrenkampioenskapreeks (W2RC) wat op eie bodem plaasgevind het - die Safari…
30 May 27 min

Wiele2Wiele ry met SA se Motor van die Jaar

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan ry hulle met die splinternuwe vierdegenerasie Suzuki Dzire en spandeer tyd met die SA Motor van die Jaar-wenner - die BMW X3 e30.
23 May 24 min

Wiele2Wiele: Hier is SA se Motor van die Jaar

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word die wenners van die Motor van die Jaar (COTY) onder die loep geneem. Hulle gesels die nuwe sewestiplek-Hyundai Alcazar en die Isuzu mu-X wat opgeknap is. Hulle verduidelik wat die verskillende rookkleure uit jou uitlaat kan beteken en gesels oor die Fransman…
16 May 23 min

Wiele2Wiele gesels oor afgelope Simola-heuwelren

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gesels hulle oor die 15de Simola Hillclimb wat die afgelope naweek plaasgevind het en Jeanette wat daar deelgeneem het in ’n Suzuki Swift Sport en deel was van die Suzuki SA-span. Terwyl sy in die Suid-Kaap was, het sy ook met Dirk Coetzee…
8 May 27 min

Wiele2Wiele ry met BMW X3 M50

In hierdie episode van Wiele2Wiele ry hulle met die fantastiese BMW X3 M50, spaar brandstof met Suzuki se outomatiese Swift en maak jou lus vir hierdie komende naweek se Simola-heuwelren in Knysna. Hulle deel ’n interessante tegniese wenk oor motors wat soos in die flieks weghol en maak ’n draai…
2 May 26 min