Kommer oor gebrek aan deursigtigheid met mynaansoek

--:--
AfriForum het kommer uitgespreek oor Tenbosch Mining se omgewingsimpakstudie vir 'n voorgestelde projek naby die Krugerwildtuin. Hulle beskryf dit as gebrekkig en onreëlmatig. Die groep beweer die aansoekproses het van die belangegroepe en gaffekteerde partye uitgesluit, wat deursigtigheidswette oortree. Lambert de Klerk van AfriForum waarsku dat die goedkeuring van die projek 'n presedent kan skep vir ander twyfelagtige voorstelle.
24 Mar Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Feeskoors heers voor Innibos 2025

Mopani Woelwaters is die ideale plek waar die kleinspan kan kom speel en hulle gate uit geniet by Innibos. Naranda Leeuwner en Marlien du Toit vertel meer oor die ATKV-Storiekrôl.
19 Jun 14 min

Skrywers deel inspirasie by Innibos se ATKV-Boekgesprekke

Bekende en geliefde skrywers verklap elke dag hul skryf- en ander geheime tydens die ATKV-Boekgesprekke. Kom maak kennis met Francois van Coke, Annie Klopper, Marinda Engelbrecht, Elize Parker en Johannes de Villiers. Sanett Oosthuizen vertel vir Sonop Ontbyt meer.
19 Jun 12 min

AfriForum veg voort teen mynaansoek by Krugerwildtuin

AfriForum vra vir die opskorting van die omgewingsgoedkeuringsproses vir 'n voorgestelde steenkoolmyn naby die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Die burgerregte-organisasie beskuldig die Departement van Minerale en Petroleumbronne en die omgewingskonsultant Kimopax daarvan, dat hulle in die geheim belangrike dokumente hersien en geregistreerde belanghebbendes van 'n openbare vergadering uitgesluit het…
12 Jun 11 min

Vir verandering, dóén iets anders

Susan Coetzer is hoofsaaklik 'n skrywer, hoewel sy ook verskeie ander kreatiewe hoede dra. Sy gesels met Kies Koers oor hoe sy haar lewe benader om ook die mense rondom haar te kan inspireer.
11 Jun 23 min